<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

EMS kry nuwe eienaar... maar bly in die familie

 
News : 10 Sep 2012 223 Viewed By Jasper Raats 0

Tommy Vogel is die nuwe man aan die stuur van, Electrical Motor Services (EMS), een van die Bosveld se bekendste name in die diens en herstel van elektriese motors.
Hy het twee jaar gelede by dié maatskappy aangesluit nadat hy van Lephalale na sy ou tuisdorp, Mokopane, verhuis het. “Mornay en Riaan Koch het vir my ‘n pos hier aangebied. Om dit te aanvaar was waarskynlik een van die beste besluite wat ek nog ooit geneem het,” vertel Tommy.
Mornay en Riaan het die bestuur en eienaarskap van EMS in 2000 by hul ouers Kas en Rina oorgeneem. Intussen het die twee die baie suksesvolle, GenSol, op die been gebring – ‘n maatskappy wat spesialiseer in die doelgerigte vervaardiging en installasie van kragopwekkers.
“Ons het besef ons aandag is verdeeld tussen die twee maatskappye en het besluit om Tommy te nader,” sê Mornay.
Met ‘n ingebore handvaardigheid en aanleg vir tegniese werk het Tommy baie vinnig ‘n steunpilaar in die twee besighede geword, maar almal se aandag was steeds verdeeld. Mornay en Riaan het besef hulle gaan een van die besighede moet verkoop en al hul aandag op die oorblywende een fokus, maar watter een en aan wie? GenSol is hul eie breinkind en EMS is in 1984 deur hul ouers begin. Daar lê vir hulle groot sentiment by beide.
Die antwoord was voor die hand liggend. Tommy is familie (hy en Mornay is swaers), hy het goeie ervaring in besigheidsbestuur en hy het homself reeds as staatmaker in die veld onderskei. So in Maart word hy toe die nuwe eienaar van EMS waar hy steeds die besigheidsperseel met GenSol deel en sy vorige werkgewers net ‘n klop aan die venster weg is, sou hy bystand of advies nodig kry.
Maar oor die laaste twee jaar het dié jong besigheidsman hom ingestudeer in die veld van elektriese motors en selfs Rina wat die besigheid saam met haar man begin het en haar twee seuns vandag nog op die administratiewe kant bystaan vertel hoe Tommy die afgelope tyd gebou het op EMS se reeds-voortreflike diensreputasie.
Behalwe vir die diens, herbedrading en herstel van elektriese motors en pompe by die EMS perseel lewer Tommy en sy span tegnikuste ook ‘n velddiens waar motors op plase of besigheidspersele gediens word of gehaal, herstel en weer afgelewer word. Hulle lewer ook ‘n 24-uur nooddiens en werk regoor Limpopo. “Ons fokus is op flink diens teen kompeterende pryse en goeie gehalte.”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube