<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Dit krioel van die spinnekoppe!

 
News : 10 Sep 2012 935 Viewed By Valerie Cilliers 0

LEPHALALE - Die Grootegeluk-Medupi uitbreidingsprojek (GMep) se spinnekop-hervestigings-projek het onlangs drasties uitgebrei toe daar met die bou van die Kuipersbultpad buite Lephalale meer as 700 spinnekopgate geidentifiseer is.
Sowat 400 bobbejaanspinnekoppe is reeds gevang en die eerste groep van 50 is elders hervestig. Die grootste spinnekop wat tydens die proses uitgehaal is, is ‘n massiewe 12cm in deursnee. Verskeie ander spesies is ook geidentifiseer.
Navorsers soos Dawid Jacobs van die Tswane Universiteit van Tegnologie het hierdie week aan Noordelike Nuus gesê dat hulle veral opgewonde is oor die moontlikheid dat ‘n onbeskrewe spesie hier ontdek is. “Die span wat op die Kuipersbultpad werk het ‘n wyfie wat aan die Valdeur (Trapdoor) familie behoort uitgehaal wat volgens ons nog nie beskryf is nie. Ons sal egter moet wag totdat ‘n mannetjie ook gevang word om dit te bevestig.”
Volgens Jacobs is die spinnekop hervestigingsprojek enig in sy soort. “Ek weet nie van enige ander plek in die wêreld waar Bobejaarspinnekoppe hervestig word nie.” Hy verduidelik dat die hervestiging van hierdie spinnekoppe besonders is omdat hulle so verknog is aan hulle ‘huise’. “
Hierdie spinnekoppe kan tot 25 jaar lewe en as hulle onverstoord gelaat word bly hulle lewenslank in die een gat.”
Jacobs verduidelik dat die spinnekoppe hervestig word deur vir hulle gate te grou en hulle dan tot die area te beperk sodat hulle aan die gat gewoond kan raak. “Sodra ons sien dat hulle tuis is in die nuwe gat word die “hokkie” verwyder. Sover was die projek baie suksesvol en ons glo dat ons ‘n hoë persentasie sukses in hervestiging sal hê.”
Oor die moontlike nuwe spesie sê hy, “die Valdeur-spinnekop is self ook baie uniek. Hy grou nie net ‘n gat nie, maar maak ook vir die gat ‘n deurtjie sodat die nes totaal gekamofleer is. Sodoende word hy teen predatore beskerm.”
Die spinnekoppe wat sover hervestig is, die wat op Nelson Mandela rylaan gevind is en ook die Kuipersbult spinnekoppe, sal vir ‘n jaar lank gemonitor word.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube