-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
“Daar is vandag in ons land ‘n groot behoefte aan empatie en genade teenoor mekaar,”sê DA-raadslid, Astrid Basson. “Dit is daarom vir my so positief dat maatskappye bereid is om terug te gee aan die gemeenskap.”
Basson het verskeie items van Marapong Privaat Hospitaal ontvang, wat sy weer aan ‘n reeks liefdadigheidsorganisasies en groepe verdeel het. Die KankerVereniging van Suid-Afrika (KANSA) se tak in Lephalale was een van die bevoorregtes.
“Alhoewel KANSA nie ‘n welsynsorganisasie is nie, probeer ons so ver moontlik om kankerlyers in ons dorp te help.” vertel KANSA gemeenskapsmobiliseerder, Riana Bronkhorst. “Ons is baie dankbaar vir die helpende hand wat ons weer in staat stel om ander te kan help.”
0 Comments