-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Soos elke jaar is die matriekafskeid ‘n hoogtepunt op beide Mokopane en Lephalale se sosiale kalenders. Vir ‘n asemrowende oomblik in tyd is eindeksamens en akademie vergete gelaat en kon matrieks in Hollywood-styl met hul pragtige uitrustings pronk. Jonk en oud was Donderdagmiddag in Mokopane en Vrydagmiddag in Lephalale by die Hoërskole om die rokke, haarstyle en aankomsvoertuie (‘n trekker of twee ingesluit) te bewonder voordat matrieks hul aand van glans gaan geniet het. In Lephalale is die matriekafskeid in die Mogolsaal aangebied en in Mokopane by Hoërskool Piet Potgieter se eie Pierneefsaal.
0 Comments