<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Ouma Thalita hou eeufees!

 
News : 08 Oct 2012 131 Viewed By Jasper Raats 0

‘n Handjie vol van Thalita Noko Ledwaba se kinders, kleinkinders en selfs agterkleinkinders het haar Dinsdag by die Piet Potgieter Monument Tehuis besoek om haar 100ste verjaardag te vier.
Ouma Thalita, soos sy bekendstaan, praat die mooiste Afrikaans. “Dis omdat sy van Nylstroom se wêreld af kom,” vertel haar seun, Ananeas. Hy self is al 67 jaar oud. Sy vriende in Mahwelereng ken hom as Solly. Dit is hy en sy suster Anna van Sekgagapeng wat met hulle kinders en kleinkinders vir Ouma Thalita kom gelukwens het. “Die res van die familie kom die naweek, dan gaan ons groot makiti hou,” gesels hy.  Ouma Thalita is op 2 Oktober 2012 op Middelfontein in Modimolle gebore. Sy was een van vyf kinders waarvan net sy en haar jongste sussie nog lewe.
Sy het vyf kinders in die wêreld gebring waarvan vier nog lewe. Haar een dogter, Salomé woon nog steeds in Modimolle en haar ander seun, Paul, in Tembisa. Baie van haar agterkleinkinders, het al kinders.  Dinsdag het sy vertel dat sy vreeslik uitsien om al haar kinders, kleinkinders, agterkleinkinders en dié se kinders by haar partytjie te sien.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube