-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Bederf jouself
Kom ontspan om die kampvuur en bederf jou self met die rus en natuurskoon van die Bosveld in die gerierflike drieslaapkamer Tumuga Cottage net buite Mokopane. Kyk uit oor die berge en geniet die wild of dit nou koedoes of kameelperde op jou voorstoep is.
Daar is twee badkamers en ‘n volledig toegeruste kombuis, ‘n eetkamer en sitkamer. Die hele huis werk op gas en sonkrag en buite by die lapa is al die nodige braaitoerusting gereed vir jou gebruik. Daar is selfs ‘n swembadjie om in af te koel as die braaivleisvuur te warm raak.
A place for adventure
Approximately one hours’ drive from Lephalale on the Thabazimbi road, lies the 2 000 hectare Mateke Game Farm. A great variety of plains game and birds species abound in this area which falls within the Waterberg Biosphere.
The 13km long Nyala hiking trail follows the perennial Mamba Rivier which flows through the length of the farm and is dotted with many exquisite rock pools. The Kudu Trail follows mountain paths through 9 km of indigenous forest.
Reasonably priced accommodation is available in four different camps. Apart from the 3-5 graded 4x4 trail, quad bikes with standard exhausts and mountain bikes are also welcome at Mateke.
Dis mos ‘n seekoei daai!
Vir diegene wat wild met skerper tande verkies is daar die Tumuga Game Lodge by Swartwater. Hier, op die walle van die Limpoporivier, kan jy onder die lapa sit en uitkyk oor ‘n seekoei en krokodilpoel waar volop wild deurentyd kom water drink.
Elk van die Lodge se ses kamers het sy eie badkamer en is toegerus met ‘n lugverkoeler. Daar is ‘n sentrale kombuis en eetkamer. Braai en swemgeriewe is deel van die bederf, jy moet net jou swemklere en jou braaivleis saambring.
Plek vir die hele skoonfamilie
Net 8 km buite Mokopane op die Mariebashoek pad is daar die sewe chalets van Bergsig, ‘n lodge wat spog met ‘n volledig toegeruste kombuis en eetgeriewe vir 40 mense, ‘n kroeg en onthaalarea met ‘n grootskermtelevisie, DSTV en WiFi – alles op een plek beskikbaar. Boonop kan besoekers hul vernuf op die 4x4 baan kom toets of een van die staproetes aanpak.
Vir diegene wat nie so baie van stof hou nie is daar ‘n heerlike braai area waar heel dag gekuier kan word.
Wil jy jag of wil jy kyk?
Cheetah Safaris is ‘n luukse 5 000 hektaar wilds- en jagplaas tussen Lephalale en Thabazimbi en kan tot 20 mense gemaklik akkommodeer vir enige tipe funksie, korporatiewe- of jaggeleentheid.
Akkommodasie is op die oewer van die Matlabasrivier wat ideaal is vir voëlkyk, visvang of kano ry. ‘n Groot verskeidenheid vlaktewild asook groter spesies soos kameelperde en buffels word hier aangetref. Vooraf bespreking is noodsaaklik.
Come for a sleep-over
Thirty en-suite, air-conditioned rooms with DStv and bar fridges make up the Nala guest house in Lephalale.
Nala has laundry facilities and secure parking.
A place to meet
Tawana Overnight is situated just outside Lephalale on the Thabazimbi Road. Twelve
air-conditioned rooms with DSTV and bar fridges are available.
The establishment has a swimming pool which is open to day visitors, laundry facilities and secure parking.
A mini conference facility is available and small functions with or without catering may be booked.
Kamp sommer net uit
Haak die karevaan of kom slaan sommer tent op by die Limpopo Karevaanpark net 6km buite Mokopane op pad Mookgophong toe.
Daar is gerieflike staanplekke met netjiese ablusieblokke, wasgeriewe en braaigeriewe in ’n skoon Bosveld atmosfeer.
Kyk uit oor die vlakte
Kom slaap ’n aandjie oor by die Kanniedood gastehuis so 15km van Mokopane af op die Roedtanpad.
Die kroeg area het heerlike rusbanke waar jy jou in die gastehuis se boekversameling kan verloor. Moenie te laat sit en lees nie, want jy gaan vroegoggend al lus kry om die wandelroete teen die heuwel uit aan te pak vanwaar mens die Waterberge en die Springbokvlakte kan sien soos op min ander plekke.
Bederf die gesin
Croucuta Game Lodge is net 25 km van Mokopane af en bied vyf luukse selfsorg chalets, ’n gerieflike lapa en volledig toegeruste kombuis.
Bring jou swemklere, stapskoene en die bergfietse saam en moenie die verkykers en daai kamera met die lekker lang zoemlens by die huis vergeet nie – daar is wildsbesigtigingsritte en jy gaan hom nodig kry.
As jy diep sakke het
Vir diegene wat nou al lank spaar en voel hulle wil hulself ten minste een keer in hul lewens behoorlik bederf, is daar geen beter plek om dit te doen as die Entabeni Safari Bewarea nie. Hierdie 22 000 ha malaria-vrye reservaat spog by vyf eko-sisteme en vyf luukse ’lodges’. Besoekers staan ’n kans om die groot vyf te sien, hetsy tydens die wildsbesigtigingsritte of helikoptervlugte wat aangebied word. Vir mevrou is daar ’n spa waar sy haar kan laat pamperlang as sy nie saam wil gaan gholf speel op die bekende Legend Gholf en Safari resort nie.
’n Kroeg waar jy kan oorslaap
Die Boskroeg is ‘n gewilde kuierplek in ‘n natuurlike omgewing net buite Lephalale waar daar ten minste twee keer per maand kunstenaars optree en elke Vrydag en Saterdag gedans word. Die kroeg is elke dag oop behalwe op Sondae.
Kroegetes is elke dag beskikbaar vanaf 12h00. Die Boskroeg karavaanpark het 15 staanplekke met krag. Kamers en chalets is ook beskikbaar en daar is ‘n swembad wat deur dagbesoekers gebruik mag word.
Die Boskroeg is ook beskikbaar vir enige tipe funksie hetsy ‘n troue of ‘n korporatiewe geleentheid.
Vang ’n groot karp
Doorndraai dam natuurreservaat buite Mokopane is een van Limpopo se bes-onderhoude oorde met netjiese, skoon ablusiegeriewe en boomryke kampeerplekke. Boonop is die dam deesdae bekend vir sy rekordkarpe en in die somer is daar min damme in Suid-Afrika wat kan kers vashou by Doorndraai se kurpers. In die somer kan jy die ski’s op die motorboot laai – hier’s nie krokodille nie.
Roeiers en swemmers moet maar versigtig wees vir die motorbote, hierdie dam is nie afgebaken vir verskillende gebruikers nie.
Waar die wildebeeste woon
Op die R510, ongeveer 40 km vanaf Lephalale lê 3 500 hektaar bekend as Gnu Ranch, ‘n ekotoerismeplaas met ‘n groot verskeidenheid wild- en voëllewe, en vir die visvangentoesias bied die waters van Gnu kurper, karp, babers en baars. Gnu het verskillende tipes akkommodasie.
Die lodge is geskik vir troues, konferensies en funksies en bied slaapplek vir 24 mense. Hier kan jy in ‘n rotsswembad sit en die uitsig oor die watergat en omliggende bosveld geniet of kuier in die tradisionele lapa om ‘n egte bosveldvuur.
Die unieke, hoë boomhuis vir vier mense het ‘n lapa met swembad, kombuis en kuierdek waarvandaan mens kilometers ver kan sien. Hier is selfs ’n buitelug bad wat ’n unieke ervaring bied. ’n Ou plaashuis met sy eie swembad het genoeg slaapplek vir 22 mense, maar vir ‘n romantiese ervaring is die luukse afgesonderde tent die beste opsie.
Iets vir die avontuurlustiges
Thabapashwa, so 16km van Mokopane af, is die ideale plek vir iemand wat nie te verknog is aan sy DSTV en haardroër nie. Verblyf opsies wissel van chalets met glas-mure tot paalhuise wat op stelte staan en uitkyk oor die bosveldnatuurskoon.
Bring jou voëlboek en verkyker en moenie daai nuwe bergfietse wat julle met laasjaar se Kersfeesbonus gekoop het by die huis los nie. As fietstrap nie jou ding is nie, sal stapstewels net so lekker werk.
Die omgewing lyk soos die Matapos heuwels in Zimbabwe, so verbeel jou jy’s Dr Livingstone en verloor jouself in hierdie stukkie Afrika.
Pure vakansieoord
Vir inwoners van Mokopane kan dit dalk snaaks voel om na 20 minute se ry by hul vakansiebestemming te wees, maar Tibane Lodge laat mens wonder waarom jy jouself elke jaar met 10 ure in die kar see toe straf. Kom bly in ’n grasdak rondavel of kamp uit op een van die 20 boomryke staanplekke. Daar is elektrititeit vir ousus se haardroër en ’n dam waar pa en boetie kan gaan lyn natmaak. Dis nou wanneer die familie nie langs die swembad lê of ’n ietsie eet by die restaurant nie. Daar is ook staproetes, ’n put-put baan, ’n supertube en ’n kroeg met DSTV en pooltafles.
’n Wêreld-erfenis gebied
By die Makapansgrotte kan mens ’n ’n kykie kry na die laaste 3,3-miljoen jaar se inwoners van Mokopane se leefwyse. Die aapmense wat hier gewoon het se geskiedenis is een van SA se belangrikste studievelde onder paleonteloë en argeoloë. Skakel Mark Howitt by 015 491 4314 om ’n begeleide toer te bespreek.
Kyk die klein perdjies
Die miniatuur perdjies is maar een van die dinge wat te sien is by Monateng ruskamp so 14km van Mokopane af op die Mookgophong pad. Die oord lê in die Nylvallei waar besoekers die berge se natuurskoon, voëllewe en rustigheid kan kom geniet terwyl hulle ontspan langs die swembad of van een van die drie-ster chalets se stoep af. Daar is ook ’n put-put baan, pooltafel, trampolien, netbal en swaaie.
Droom van wilde Afrika
Al Thandiwe safari’s is een van die grootste privaat-wildsplase in die Mokopane omgewing en beslaan meer as 9000 hektaar. Dit is nie groot-5 wêreld nie, maar een van die beste plekke in die are om vlaktewild soos Gemsbok, Eland, Koedoe, Blouwildebees, Zebra, Kameelperd en kleiner spesies soos hartebeeste, rooibokke, blesbok en rietbok te beskou. Die natuurskoon is asemrowend en die verblyf, luuks. Danksy konsessies op buurplase kan Al Thandiwe ook gevaarlike wildspesies aanbied vir dié jagters wat kans sien daarvoor. Bring die gesin saam, maar maak net seker daardie spaarvarkie is propvol voor jy bel en bespreek.
0 Comments