<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Wees bewus van Borskanker

 
News : 15 Oct 2012 357 Viewed By Valerie Cilliers 0

Daar word hierdie maand wêreldwyd word borskanker bewusmaking gedoen en Mokopane is geen uitsondering nie. Kansa het met Dr. LDR Tsatsi van Polokwane ‘n ooreenkoms dat ‘n mammogram en sonar van die bors gedoen word vir R1060.00 vir persone wat nie ‘n mediese fonds het.
Die dokter doen dit baie profesioneel en vandag se mammogramme is nie so seer soos die van vroeër nie, verduidelik Kansa Mokopane se Estelle Diederichs.
Dit is beter om ‘n mammogram en sonar te doen aangesien die mammogram nie altyd kanker kan opspoor nie, veral by vrouens met fibrositiese borste.
Vrouens wat aan mediese fondse behoort moet self die nodige toestemming verkry vir die prosedure. Indien daar genoeg belangstelling is, kan KANSA vervoer vanaf Mokopane reël. Kontak Estelle by 082 520 8458 of Lindie by 076 189 1918.
Vroeë borskanker toon gewoonlik nie simptome nie,maar soos die gewas groter word, kan die bors anders begin lyk of voel. Borskanker wat vroegtydig opgespoor word, kan meer effektief behandel word met ‘n groter kans op herstel. Al voel jy nou gesond, staan jy nog steeds ‘n kans om borskanker te ontwikkel omdat jy ‘n vrou is en ouer word. Gereelde ondersoeke gee egter gemoedsrus - vroegtydige opsporing kan jou lewe red.
Wees bewus van hoe jou borste normaalweg lyk en voel. Bespreek enige veranderinge wat jy opmerk met jou mediese praktisyn. Bors-selfondersoeke behoort elke maand tydens ovulasie gedoen te word (verkieslik op dieselfde tyd van die dag). Baie vroue ondervind dat hul borste soms knopperig voel - dit is normaal. As jy egter ‘n verandering in jou borste of armholtes opmerk, vra jou mediese praktisyn om ‘n kliniese borsondersoek (KBO) te doen.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube