-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Vier jaar sedert die probleem vir die eerste keer onder die Mogalakwena stadsraad se aandag gebring is, vloei rou rioolwater steeds soos ‘n rivier deur Uitbreiding 20.
In 2008 het DA Leier, Helen Zille die area besoek en verlede jaar het die party se nasionale woordvoerder, Lindiwe Mazibuko kom kyk wat aangaan voordat sy ‘n petisie en memorandum aan die Mogalakwena Munisipaliteit oorhandig het.
Intussen sê die plaaslike DA-raadslid, Beyers Smit, daar is oor die afgelope jare, ten spyte van baie beloftes, niks aan die situasie gedoen nie.
Hy het gewaarsku dat die riool direk in die hoogs-sensitiewe Nyl-rivierstelsel invloei en ‘n beroep op die munisipaliteit gedoen om die saak onmiddelik aan te spreek.
Teen druktyd was die Mogalakwena munisipale bestuurder, William Kekana, nie beskikbaar vir kommentaar nie.
0 Comments