<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Bonsmara’s verkoop fluks!

 
Die duurste bul van Kobus du Toit (WAT 07 0077) wat vir R62 000 aan Fritz Kroon verkoop is.
News : 22 Oct 2012 207 Viewed By Jasper Raats 0

Die derde Vlakte Bonsmara Studiegroep Bulveiling is Vrydag 12 Oktober in die Roedtan Veilingskrale aangebied. Vier en twintig top Bonsmara stoetbulle is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R41 145.83. Die duurste bul van Kobus du Toit, WAT 07 0077, word vir R62 000 aan Fritz Kroon verkoop.  Die bul, KBS 10 0031 van Kameeldoring Bonsmara van Andries Kruger, behaal R60 000.  Die koper was Thinus Maritz van Groendraai Bonsmaras, Vaalwater.
Dat die studie groep op die regte pad is met die kwaliteit van hulle diere kon duidelik in die vroulike diere gesien word wat aangebied is. Slegs streng gekeurde kommersiële diere is aangebied. 77 Koeie en kalwers behaal R11607.18 gemiddeld, die hoogste prys van R14 500 word behaal vir diere van Andries Kruger. Andries Kruger behaal ook die hoogste prys vir dragtige koeie nl. R9000. Harlou Familie trust se dragtige verse behaal R9 500, die hoogste op die dag. Die gemiddeld vir dragtige verse was R9 225.93.
Die streng reëls wat die studiegroep vir hulleself oplê om beter diere aan verkopers te verskaf, asook die harde werk wat hulle insit in die Bonsmara ras, is reeds besig om vrugte af te werp
Die veiling is deur Vleissentraal Bosveld aangebied en Mike Killassy was die afslaer.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube