-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Skuts van die CVO Skool Potgietersrus het uitstekend gevaar in die afgelope SA Nasionale Kampejoenskappe van die Suid Afrikaanse Nasional Skole Skutter Unie (SANSSU) in Bellvile vroeër die maand, Hoewel die skool eers onlangs as geaffilieerde lede van SANSSU begin skiet het, het Potgietersrus met 5 skuts hierdie jaar gespog wat provinsiale span behaal het.
Sowat 350 skuts van regoor die land uit die provinsiale spanne het deelgeneem aan die SA nasionale skietkompetisie. Willem Barnard verwerf 3 sliwer medaljes vir 2de plek in 3p en 10m olimpiese staan en eindig as alghele 2de plek in sy klas, met net 5 punte agter die voorlopper.
Willem haal ook die Nasionale Skole Skutters Unie span wat volgende jaar internasionaal gaan deelneem in Amerika of by die BJI in Engeland en hy verwerf ‘n SANSSU Meesterskut toekening en ‘n goue status met sy totale puntetelling.
Elizmay le Grange het ook haar staal gewys deur weg te stap met al die goue medaljes in die o/13 veerklas. Sy het onderskeidelik die 3p en die 10m olimpiese staan kompetisies gewen as ook die hoogte totaal telling vir die afdeling. Haar naaste teenstander was 102 punte agter haar.
Sy verwerf dan ook ‘n SANSSU expert en skerpskutter skut toekening en dra nou die titlel van die beste 0/13 luggeweer veerskut in die land.
Die grootste afdeling van veer skuts wat deelgeneem het is 0/16.
Zelda Genis (19de), Elzaan van der Merwe (29ste) en Marni Van Heerden(59ste) het uitstekend gevaar. Zelda verwerf ‘n SANSSU meester en expert skiet toekening en silver status vir haar eindtelling.
Elzaan verwerf ook ‘n SANSSU skerpskutter en expert toekening en brons status met haar puntetelling.
Marnie verwerf ‘n dubbele junior toekening van SANSSU haar telling van meer as 400 uit 600.
0 Comments