<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Carina se boek word voorgeskryf

 
News : 02 Nov 2012 141 Viewed By NoordNuus reporter 0

Dit is hierdie week deur die Onafhankilie Eksamenraad (IEB) bekend gemaak dat Carina Stander se debuut roman, Wildvreemd as voorgeskrewe boek in IEB skole landwyd in 2014 en 2015 gelees sal word. Carina het met hierdie nuus aan Noordelike Nuus gesê sy is baie opgewonde dat Afrikaanse leerders regoor die land haar boek gaan lees. “So bereik ek hopelik ‘n gedeelte van die samelewing wat lief is vir lees, en lief is vir Afrikaans.”
Stander het in Lephalale grootgeword en hier gematrikuleer, sy het al verskeie digbundels vrygestel en Wildvreemd het resensente gaande. Die boek is ook onlangs in Nederlands vertaal.  
Noordelike Nuus lesers kan Stander se digbundel Woud van Nege en Negentig Vlerke en Wildvreemd direk van haar bestel. “Ek sal dit met ‘n persoonlike boodskappie voorin vir julle pos,” belowe sy. Skakel gerus vir Carina  by sel: 073 145 8981.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube