<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Plakkerskuilings is dalk misdaadnes

 
News : 12 Nov 2012 156 Viewed By Valerie Cilliers 0

LEPHALALE - Die honderde informele plakkerskuilings in die veld agter Elite Mica blyk die oorsprong van etlike misdade in die dorp te wees.
In ‘n voorval Saterdagaand is koperdrade by die Camelot plotte net buite Lephalale gesteel. Die voorval is Sondagoggend gerapporteer en spoorsnyers van Molalatau Sekruiteit het die spoor tot agter Elite Mica gevolg. Hier het die spore tussen ander spore verlore geraak en geen arrestasies is gemaak nie.
Volgens ‘n polisieverslag het die verdagtes verskeie kere op hulle spore teruggeloop of die lang gras en klippe gebruik om hulle spore te versteek. Die verdagtes het vermoedelik deur plotte in die Grootfontein omgewing geloop en drade geknip om toegang tot Camelot te verkry. Nadat die kabels gesteel is, het hulle dit na afgeleë stuk grond geneem en die plastiese omhulsels verwyder.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube