<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kom draf vir ons manne!

 
News : 16 Nov 2012 128 Viewed By Jasper Raats 0

KANSA in samewerking met die Potgietersrus atletiekklub bied Saterdag ‘n padwedloop aan by die Mokopane Wildteelsentrum. Die hele gesin is welkom om saam te kom draf of stap.
Wegspringtyd is 07:00 en kostes beloop R25 vir die 10km en R15 vir die 5km wedloop.
Waterpunte is beskikbaar. Elkeen wat deelneem ontvang ‘n medalje. KANSA vra dat almal moet probeer om ligblou aan te trek, aangesien dit die kleure van prostaatkanker is en die wedloop deel van ‘n bewusmakingsveldtog vir prostaatkankermaand is.
Slagspreuke oor prostaatkanker kan op papier geskryf word en agter op deelnemers se hemde vasgemaak word. Fondse wat ingesamel word gaan aan KANSA en die Wildteelsentrum.
Prostaat vinger prik toetse sal ook daar gedoen word teen ‘n spesiale prys van R50 gedoen word. Die toetse word ook by Farmakon Apteek gedoen vir R70 per toets. KANSA moedig ook die manne aan om aanlyn te registreer vir Movember (www.movember.com).

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube