-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Sonpanele ter waarde van R40 000 is danksy die spoorsnyvernuf van die Lephalale gemeenskap teruggekry, sê Andries Bester wat die spoor saam met hulle gevolg het. Elf sonpanele is Sondagmiddag op die plaas “Fancy” op die Thabazimbipad ontkoppel en weggedra.
Dit wil voorkom of die verdagtes ‘n sekuriteitskamera eers ontkoppel het voordat hulle die sonpanele losgekroef en teen die berg afgedra het. Lede van die gemeenskap het sekuriteitswagte bygestaan en vier verdagtes se spore gevolg tot by ‘n brug. Hier is al 11 sponpanele wat aan EZT Communication en Cliq Broadband behoort gevind en die polisie se forensiese-afdeling kon vingerafdrukke lig.
Manyeke, Gelebe en Bester het die spore vandaar vir sowat 4km gevolg tot waar dit op ‘n plaas in die omgewing by ‘n plaaswerker se huis gestop het.
Een van die spore was baie uniek en het volgens die afdruk behoort aan ‘n Gucci skoen. Die paar skoene is ook by die plaaswerker
gekry. Hy is in hegtenis geneem en die ander drie mans is tans aan die polisie bekend.
Die spore en ook die plaaswerker se vingerafdrukke kan moontlik positief verbind word met 12 ander inbrake in die omgewing die afgelope twee maande.
0 Comments