<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Plaaslike kunstenaar kuier in die Bosveld

 
News : 29 Nov 2012 425 Viewed By Christie Thomas 0

Sarie van Dyk, ‘n kunstenaar van Mokopane, het onlangs besoek afgelê in Tolwe waar sy die gemeenskap met haar kuns en kunssinnigheid kom bekoor het.
Geinspireer deur die Bosveld se natuurskoon, het Sarie verskeie projekte voltooi tydens haar kuier, waarvan een ‘n uitbeelding is van een van ons land se beroemste bome – die Buffelsdrift kremetart. 
Die Buffelsdrift kremetart is die wêreld se grootste enkel-stam kremetartboom. Geleë op ‘n beesplaas naby Swartwater, weggesteek vir die massas toeriste, floreer hierdie boom in sy statige afsondering. 
‘n Enkelspoor paadjie is die enigste toegang tot die boom, en met jou aankoms is die eerste indruk nie watwonders nie, totdat jy begin om die boom stap en agterkom dat die grootste deel van die boom verborge is met die eerste oog-op-slag. 
Mens en dier word verdwerg langs die stam, wat soos ‘n klipkrans na die heme uittoring.
Sarie spesialiseer in kunswerke van besonderse fyn detail, geteken met gemegde media, naamlik grafiet, houtskool, kleur en waterverf potlode, en pastelle.
Van haar werk word permanent uitgestal by ‘n gallery in Ermelo, en sy hou gereeld kunsuitstallings regoor die land.
Sarie kan gekontak word by sel:
072 146 4907 om te reël vir besigtiging van haar werk, of om spesiale opdragte te bestel.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube