-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes is vanaf Januarie 2013 ‘n satelietkliniek van die Mogalakwena Kliniek vir bejaardes vir kroniese medikasie.
Die Hoof Uitvoerende Beampte van Voortrekker Hospitaal in Mokopane, Dr. Poppy Ramathuba het in ‘n amptelike brief, wat deur Sr. Francina Sefaamela en Me. Tasneem Mosam aan Me. Estelle Hartzenberg, die Bestuurder van die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes oorhanding is, aangedui dat die Dienssentrum vanaf Januarie 2013 ‘n satelietkliniek van die Mogalakwena Kliniek gaan wees vir die uitreiking van kroniese medikasie vir bejaardes. “‘n Droom het waar geword” volgens Me. Hartzenberg.
Die Potgietersrus Dienssentrum, op die hoek van Dudu Madisha- en Geyserstraat in Mokopane, nooi alle persone, 60 jaar en ouer, om as lede van die Dienssentrum te kom registreer aangesien slegs lede gebruik mag maak van hierdie baie noodsaaklike diens. Die Dienssentrumlede wie tans hul kroniese medisyne by die Mogalakwena Kliniek of Voortrekker Hospitaal kry, moet asseblief ook by die Dienssentrum kom registreer. Onthou asseblief om jul ID boekies, Kliniek Registrasie Nommer en datum waarop u, u volgende kroniese medikasie gaan kry, saam te bring.
Een van die Departement van Gesondheid se vereistes om hierdie dienste weer in heroorweging te neem was die aanstelling van ‘n geregistreerde professionele verpleegster wat verantwoordelik moet wees vir die bestuur van die satelietkliniek. Sr. Martie Coetzee, ‘n welbekende en geliefde van die dorp, is alreeds in April 2012 aangestel ter voorbereiding van hierdie aankondiging. ‘n Spesiale dank aan al die rolspelers vir hul harde werk en deursettingsvermoë: Estelle Hartzenberg, Sr. Martie Coetzee, Schalk Steenkamp, Dr. Poppy Ramathuba, Tasneem Mosam en Sr. Francina Sefaamela.
0 Comments