<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Susters staan saam vir behoeftiges

 
News : 06 Dec 2012 149 Viewed 0

Hulle noem hulself die “Sisterhood” - vroue wat saamstaan om ander se lewens bietjie makliker te maak. Die idee het onstaan toe die ses formidabele vroue ‘n babatee wou reel vir ‘n mamma wat bystand nodig gehad het. Daarna het nog ‘n babatee gevolg en later ‘n kopdoekprojek om geld in te samel vir KANSA. “Ons versamel kopdoeke (bandanas) met die idée om lapkomberse te maak vir kindertjies wat kanker het hier in ons dorp,” vertel Charmain Robbertse.
Saterdagmiddag het die Sisterhood ook saam met die Parrot Riders van Lephalale ‘n kersboompartytjie aangebied vir kinders van Lephalale. “Ons beoog om vroeg volgende jaar ‘n ‘back-to-school’ projek te loots om skryfbehoeftes en ander benodighede vir die nuwe skooljaar bymekaar te maak en uit te deel, vertel Charmain. Diegene wat ‘n bydra wil maak kan haar skakel by 076 714 5167.
Die Sisterhood Marelize Hayes, Yolandi Pieters, Nicolette Meyers, Wilma van Niekerk, Charmain
Robbertse en Lindi de Villiers.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube