<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

‘n Terugblik op 2012

 
Noordelike Nuus wens ieder en elk 'n baie rustige en geseende Kersfees en voorspoedige 2013!
News : 18 Dec 2012 802 Viewed By NoordNuus reporter 0

Elke jaar is ‘n besige jaar in ‘n koerantkantoor. Vir Noordelike Nuus het die jaar afgeskop met baie drama in die lewens van twee baie spesiale dogtertjies, Pippie en Mikayla. Maar hulle was nie die enigste nuusmakers vir 2012 nie. Ons burgemeesters het vir baie opwinding gesorg, renosters is onverpoosd deur die jaar afgemaai en stakers het gesorg dat daar gereeld vlamme op ons voorblaaie pryk. Hier volg ‘n opsomming van die jaar se hoogtepunte en laagtepunte:


1 Januarie – Klein Isabella Kruger (Pippie) oorleef haar eerste dag in ICU in die Garden City Kliniek in Brixton, Johannesburg waar sy behandel word vir 3de graadse brandwonde op 80% van haar lyfie. Pippie het oujaarsaand op die plaas Friesland net buite Lephalale gebrand toe ‘n bottel vuuraansteekmiddel in haar pa, Erwin Kruger, se hande ontplof het.
11 January – Bob Naidoo receives a permanent appointment as Lephalale municipality’s municipal manager. This despite of Mayor Johanna Mojela’s objections and her refusal to sign his contract.
23 Januarie – Mikayla Robbertse die vyf-jarige wat in Desember 2011 deur ‘n Mosambiekse spoegkobra aan haar hand gepik is, maak goeie vordering. Haar hand wat aan haar lies vasgewerk was om te help met die herstel van weefsel is vandag losgesny. 28 Januarie – Mikayla Robbertse is weer by die huis en is deur die Lephalale gemeenskap met presente terugverwelkom.
31 Januarie – ANC raadslede van Mogalakwena dien ‘n mosie van wantroue by die provinsiale regering in teen burgemeester Ester Mothibi. ’n Mosie van wantroue is ook dieselfde week teen Lephalale burgemeester, Johanna Mojela deur raadslede van dieLephalale raad by die provinsie ingedien.

10 February - Northern News reported that Mahwelereng civic leader Piet Pale took the Mogalakwena municipality to court to set aside a resolution to re-instate municipal director for corporate services, Henry Thobejane.
18 Februarie – Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Arno Jordaan en Karin Ferreira tree in die Mogolsaal in Lephalale op ten bate van Pippie Kruger. Meer as R100 000 is op die aand vir die Pippie se gesiggie fonds ingesamel.
25 Februarie - Hoërskool Piet Pietgieter behaal ‘n tweede plek op Interhoër.
29 February - A 39-year-old man appeared in the Mokopane Magistrate’s Court on Wednesday in connection with 11 cases of rape. He was later convicted.

3 Maart - Ellisras Hoërskool se atlete het alle verwagtings oortref by die Limpopo Hoërskool Atletiek Kampioenskappe in Polokwane. Juanè Pistorius is aangewys as die beste hoërskool atleet in Limpopo en beste atlteet vir die dag. Sewe leerlinge van Hoërskool Piet Potgieter het goud verwerf, ses silwer en een brons.
6 March - Two men appeared in the Lephalale Magistrate court for defrauding the Lephalale Municipality and stealing R9 million from its bank account.
16 March - We reported that Mokopane’s overloaded and leaking sewage system is spilling raw sewage into the Nyl, Dorps, Rooisloot and Mogalakwena rivers. MM, William Kekana promised residents would see a difference within the next month.
16 Maart - Daar is tydens ‘n spesiale raadsvergadering in Mokpane besluit om die  omstrede hoof van korporatiewe dienste, Henry Thobejane summier af te dank.
20 Maart - Bouwerk aan die Nelson Mandelarylaan verbredingsprojek in Lephalale is gestaak om, onder andere, die baie skaars Goue bobbejaanspinnekop te hervestig.
22 Maart - ‘n Nuwe Afriforum tak is by die AP Kerk se lapa in Mokopane op die been gebring.

8 April - ‘n Maand-oue renoster kalfie in word die vroeë oggendure gevind waar hy aan sy ma se karkas probeer drink nadat sy deur stropers doodgeskiet is.
27 April - In a swift politcal coup, the mayors of both Mokopane (Esther Motibi) and Lephalale (Johanna Mojela) got their marching orders form the ANC.

4 Junie – Mikayla Robbertse word in die Steve Biko hospitaal opgeneem vir haar eerste rekonstruksie operasie aan haar hand.
8 Junie – President Jacob Zuma lê besoek af by die Medupi kragstasie in Lephalale vir die kragstasie se eerste keteldruktoets.
11 Junie – Pippie Kruger word die eerste brandpasient in Suid-Afrika wat ‘n veloorplanting kry met vel wat deur haar eie stamselle gekweek is. Dokters bevestig dat die operasie ‘n groot sukses was.
16 Junie – ‘n Plaaslike insleepdiens van Mokopane se voertuig word aan die brand gesteek in ‘n voorslepende insleep oorlog wat in Mokopane en omliggende dorpe woed.
22 Junie – Johan en Gloudien van Rensburg van Baltimore word in die vroëe oggendure in ‘n plaasaanval oorval en geskiet. Johan is op die toneel dood en Gloudien word in ‘n bedenklike toestand in die Medi Clinic in Polokwane opgeneem. Sy sterf 5 Julie. 29 Junie - Mokopane kom tot stilstand om afskeid te neem van Johan van Rensburg. Honderde motors het na die begrafnis in Thabo Mbekirylaan afgery met wit kruise en slagspreuke op plakkate waardeur hulle uitdrukking gegee het aan hul weersin in die aanhoudende aanvalle op boere in SA.

13 Julie - Meer as 30 000 mense het hierdie jaar die Bosveldfees in Lephalale besoek, ‘n besoekerstal wat alle vorige rekords oorskry.
10 Julie - Transnet kondig aan hulle wil binne die volgende vyf jaar ’n nuwe spoorlyn bou wat 23-miljoen ton steenkool per jaar uit die Waterberge na Mpumalanga kan vervoer.
20 July – Members of the Kgobudi community say they are being victimised by the local Induna because they are opposed to the way mineral prospecting was conducted on their communal land just outside Mokopane.

1 Augustus - Die rondgaande hof in Mokopane hoor Fanie Terblanche was “jolly” die aand van sy vrou, Suzette, se dood.
6 Augustus - Klein Eagan du Toit (2) verdrink in die swembad by sy ouerhuis in Impalapark Mokopane.
9 Augustus - Die liggaam van polisie adjudant-offisier Bobbie Schutte van Lephalale is in sy voertuig gevind deur ‘n hekwag van D’Nyala voor die reservaat  se hek.
11 Augustus - Drie van Hoërskool Piet Potgieter se hokkiespanne, die o/15’s o/16’s en eerstespan ding in Potchefstroom mee in die Noordvaal reeks se kwarteindronde.
15 Augustus - Twee gewapende rowers skiet op ‘n sekuriteitswag van PJP sekuriteit terwyl hy en sy kollegas kontant by Laerskool Krugerpark oplaai.
18 Augustus - ‘n Geliefde boer van die Steenbokpan-omgewing, Johan Murray is op pad na sy plaas oorlede.
31 Augustus - Hoërskool Piet Potgieter skop sy 70ste verjaarsdagvieringe met ‘n heerlike wildsfees op die skoolterrein af.

4 September -  Environmental ecologist, Andy Gubb, warns that there should be no further impacts on the Nile/Mogalakwena river system and all activities currently impacting on the system have to stop.
7 September - Die Grootegeluk Medupi expansion project se spinnekop hervestigingsprojek het drasties uitge-brei toe daar met die bou van die Kuipersbultpad net buite Lephalale ook meer as 700 spinnekopgate geidentifiseer is. 
13 September - Human Settlements Minister, Tokyo Sexwale announced and proclaimed the construction of 5 000 mixed income housing units on the department’s 500 hectare Altoostyd town planning scheme in Lephalale.
14 September - The Medupi power station is closed for a week, following protest action by Eskom contract employees.
14 September - Pippie Kruger word na agt en ‘n half maande uit die hospitaal ontslaan.
17 September – ‘n Sesjarige dogtertjie word in Swartrifstraat, Lephalale doodgery.
20 September  - Marula Square Shopping Centre in Lephalale was officially opened.
20 September - Fanie Tereblanche vra sy oorlede vrou se familie om verskoning in die hooggeregshof in Polokwane.
29 September – Die Van der Westhuizen gesin van Mokopane verloor al hulle besittings toe hul huis in Pretoriusstraat afbrand.

9 Oktober - ‘n 18-maande oue mak renosterbul word op ‘n plaas net buite Lephalale geskiet.
October 11 – The first coal was delivered to the Medupi Coal Stockyard via the Coal Conveying System.
13 Oktober - ‘n Nat reënerige rugbyveld kon Mokopane se jaarlikse Kansa Relay For Life op Hoërskool Piet Potgieter se A-Rugbyveld nie stuit nie. Dit was weereens ‘n groot sukses.
17 October  - Judge Jody Kollapen of the Johannesburg High Court turned down Platreef’s application for an interdict against the Kgobudi community.
25 Oktober - Pippie Kruger was hierdie week vir die eerste keer sedert die ongeluk, Oujaarsaand weer op haar ouers se plaas net buite Lephalale.

1 November - The minister of Basic Education, Angie Motshekga officially opens the newly built Lephalale Primary School.
2 November - Bikers van regoor die land het hul solidariteit met die dorp se bejaardes kom betoon by die sewende Brille & Pille Wiele Fees by die Piet Potgieter Monument Tehuis in Mokopane.
6 November - Residents from GaMadiba, GaMagongwa, Mosesetjane and other neighbouring villages marched in protest against the local chief, Victor Kekana alleging that Kekana has sold the community’s ploughing and grazing fields to Platreef Platinum without their knowledge.
17 November - Tannie Anaat Botha van die Piet Potgieter Monument Tehuis vier haar 100’ste verjaarsdag.
21 November - ‘n Renosterkoei is op die plaas Nooitgedact agt keer deur stropers geskiet voordat haar horing uitgekap is.
25 November – Gewapende rowers slaan toe op die Sasol motorhawe in Onverwacht, Lephalale.
November 26 - The R170 million Lephalale Mall opens, bringing the long-awaited convenience of one-stop shopping to this growing Limpopo town.

December 1 - Col. Lucas Mogwaneng, Captain Leah Mapholodela and Lt.Col Isaack Mantjane from Mokopane receive awards for heading some of the best units, stations and clusters in Limpopo.

7 Desember –
LiN Media groep, waarvan Noordelike Nuus deel is, bied sy
eerste toeken-ningsfunksie vir koerantprestasies aan en Noordelike Nuus se Valerie Cilliers en Dolla Költzow ontvang pryse vir hul werk.

 

 

 
 

20 Maart - Bouwerk aan die Nelson Mandelarylaan verbredingsprojek in Lephalale is gestaak om, onder andere, die baie skaars Goue bobbejaanspinnekop te hervestig.
8 April - ‘n Maand-oue renoster kalfie in word die vroeë oggendure gevind waar hy aan sy ma se karkas probeer drink nadat sy deur stropers doodgeskiet is.
20 Maart - Bouwerk aan die Nelson Mandelarylaan verbredingsprojek in Lephalale is gestaak om, onder andere, die baie skaars Goue bobbejaanspinnekop te hervestig
1 Januarie – Klein Isabella Kruger (Pippie) oorleef haar eerste dag in ICU in die Garden City Kliniek in Brixton, Johannesburg waar sy behandel word vir 3de graadse brandwonde op 80% van haar lyfie. Pippie het oujaarsaand op die plaas Friesland net buite Lephalale gebrand toe ‘n bottel vuuraansteekmiddel in haar pa, Erwin Kruger, se hande ontplof het.
Marken Primary hou Revue
1 November - The minister of Basic Education, Angie Motshekga officially opens the newly built Lephalale Primary School.
Bosveldfees 2012
Tokyo Sexwale kuier by Medupi
23 Januarie – Mikayla Robbertse die vyf-jarige wat in Desember 2011 deur ‘n Mosambiekse spoegkobra aan haar hand gepik is, maak goeie vordering. Haar hand wat aan haar lies vasgewerk was om te help met die herstel van weefsel is vandag losgesny. 28 Januarie – Mikayla Robbertse is weer by die huis en is deur die Lephalale gemeenskap met presente terugverwelkom.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube