<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Duidelikheid oor grondwaardes

 
News : 17 Jan 2013 154 Viewed By NoordNuus reporter 0

Die Mokopane Sakekamer het die jaar vroeg begin met ‘n bestuursvergadering op 14 Januarie en versoek dat almal sal saamwerk: besigheid, munisipaliteit, landbou en die myne tot voordeel van die dorp.
Grondeienaars moet kennis neem dat die munisipaleit weer alle eiendomme gaan waardeer. DDP Valuers is aangestel om die waardasies te doen. Tinus Nel van DDP Valuers is uitgenooi deur die Mokopane Sakekamer om die dag van 23 Januarie 2013 by die Sakekamer kantore vrae te kom beantwoord oor die waardasie van eiendomme. Nel sal beskikbaar wees vanaf 9:00 die oggend.
Indien u belangstel om hom te kom spreek maak ‘n afspraak by die Mokopane Besigheidskamer, epos: mokpane.bti@mweb.co.za of tel. 015 491 8458 (tussen 8:00 - 13:00), Thabo Mbeki straat 40, Hyundai gebou 1ste vloer.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube