<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Die hele wêreld is sopnat!

 
News : 28 Jan 2013 159 Viewed By NoordNuus reporter 0

Teen Noordelike Nuus se druktyd Woensdagaand het die vloede na swaar reën regoor die provinsie reeds tien lewens geëis. Drie van die grensposte tussen Suid-Afrika en Botswana is die week gesluit weens brûe en paaie wat verspoel is.
Dit is veral in die Noord-Oostelike dele van die provinsie waar mens en dier erg onder vloedskade deurgeloop het, maar in ander dele, ook in die Bosveld, is die aarde deurdrenk met water.
En die skade ten spyt het boere oral in die provinsie hul dankbaarheid vir die goeie reëns uitgespreek.
Hier is die reënvalsyfers wat deur TLU SA Noord lede en lede van die gemeenskap in die verskillende landboudistrikte van die Bosveld-omgewing aangemeld is vroeër hierdie week:
Lephalale omgewing - 86mm
Baltimore - 102mm
Tolwe - tussen 165 tot 227mm
Maasstroom - 210mm
Tom Burke - 120mm
Marken - 90mm
Swartwater - 150mm - geen skade, maar die Limpoporivier is in vloed
Mokopane - 65mm
Roedtan – tussen 42mm en 109mm
Palala - 60mm
Badseloop - 125mm
Grassvalley - 40mm
Ceres - 34mm
Mookgophong - 57mm
Sterkfontein - 40mm
Bokpoortlaagte - 45mm
Nyl omgewing - 22 tot 62mm
Crecy - 60 tot 100mm
Thabazimbi - tussen 30mm en 50mm
Loubad - 50 tot 80mm
Vaalwater - 70mm
Bulgerivier - 58mm
Melkrivier - 45mm
Alma - 55mm
Geen ernstige skade is in die Noordelike Nuus se lesersgebied aangemeld nie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube