<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

In geval van nood

 
News : 08 Feb 2013 246 Viewed By NoordNuus reporter 0

Kinders op skool word geleer om in geval van nood die polisie se noodnommer te skakel.

Met ‘n rympie en handgebare leer om die nommer 10111 te onthou. Die probleem is egter dat die nommer weens hoë oproepvolumes nie altyd beskikbaar is nie. Veral in Lephalale is daar baie klagtes dat hierdie nommer nie werk nie. By ‘n onlangse landelike veiligheidsvergadering is gevra dat die publiek sal verstaan dat die telefone binne die uiters besige aanklagkantoor geantwoord word en dat die verskeie lyne soms gelyk lui. Daar is voorgestel dat lede van die publiek ook 10112 en 014 762 1000 sal skakel om met die polisie inverbinding te tree. Indien die oproep nie beantwoord word nie kan Molalatau Sekuriteit se noodnommer geskakel word. Die MS-beheerkamer is per radio inverbinding met die polisie en kan gereeld opvolg oproepe maak om seker te maak dat die polisie na ‘n toneel ontplooi word. Dieselfde geld ook vir beide ambulansdienste in die dorp. Molalatau se noodnommer is 086 010 2859.
Mokopane polisiestasie se nommer is: 015 409 1400 en die ambulansdienste kan bereik word by 015 491 7631 of 10177.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube