<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Plaasinspeksies sal op behuising fokus

 
News : 08 Feb 2013 135 Viewed By NoordNuus reporter 0

 Agri Lephalale het by ‘n onlangse landelike veiligheidsvergadering die kollig geplaas op arebeidsbehuising. Volgens Gawie van Zyl het die departement van arbeid by ‘n onlangse provinsiale vergadering gemeld dat daar tydens inspeksies veral op behuising gefokus sal word.
Volgens die departement se webblad bepaal regulasies rondom arbeidsbehuising dat boere 10% vir behuising van salarisse mag aftrek slegs indien ‘n plaaswerker ouer as 18 is en daar nie vir water en elektrisiteit ook afgetrek word nie.
Wat die struktuur betref moet daar ‘n waterdigte dak wees. Vensters moet van glas wees en oop en toe kan maak. Elektrisiteit moet binne die huis beskikaar wees. Water moet binne 100m radius van die huis beskibaar wees. ‘n Spoeltoilet of put latriene is ook ‘n vereiste.
Die huis mag nie minder as 30 vierkante meter wees nie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube