<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Boeremag familietwis

 
News : 08 Feb 2013 499 Viewed By LiN Nuus 0

Dr. Lets Pre­to­rius aan­vaar geen ver­ant­woorde­lik­heid vir die “ver­wronge en se­lek­tie­we” per­sep­sie wat sy tweede oud­ste seun, Kobus, nou van sy fami­lie het nie.
Dié ge­tuie­nis is van­dees­week in die hoog­ge­regs­hof in Pre­to­ria deur Piet Pis­to­rius, Pre­to­rius se advo­kaat, aan die hof voor­ge­hou nadat ’n siel­kun­dige getuig het dat Kobus nou alle bande met sy gesin ver­breek het “om­dat hy be­sef het die waar­des wat hy as kind in sy ouer­huis ge­leer het, was ’n klug”.
Dr. Pre­to­rius, ’n be­ken­de me­die­se dok­ter van Mokopane, en sy drie seuns, Kobus, Wil­helm en Johan, is onder die 20 Boe­re­mag­le­de wat ver­lede jaar in die hoog­ge­regs­hof in
Pre­toria deur regter Eben Jor­daan skul­dig be­vind is aan hoog­ver­raad ná ’n ver­reg­se kom­plot om die ANC-re­ge­ring om­ver te werp.
Die Boere­mag se “bom-span”, Kobus, Wilhelm en Johan Pre­to­rius, as­ook Her­man van Rooyen en Rudi Gouws (albei van Bela-Bela) is ook skul­dig be­vind op ’n aan­klag van poging tot moord nadat die hof gehoor het dat hulle oudpre­s. Nel­son Man­de­la met ’n tuis­ge­maak­te motor­bom wou ver­moor.
Hulle is verder skul­dig be­vind op ’n aan­klag dat hulle Clau­dia Mo­kone in 2002 in So­we­to ver­moor het. Sy is dood ná ’n bom­ont­plof­fing by ’n spoor­lyn in So­we­to.
Van die be­skul­dig­des in die Boe­re­mag­saak wat ver­lede jaar aan hoog­ver­raad skul­dig be­vind is, oor­weeg nou om in­ge­vol­ge Arti­kel 317 van die Straf­pro­ses­wet aan­soek te doen om hul skul­dig­be­vin­dinge ter syde te laat stel ná be­we­rings in die media dat die polisie glo teen hulle saam­ge­sweer het.
Dié ver­hoor — die langste in die Suid-Afrikaan­se regs­ge­skie­de­nis — het twee weke ge­lede weer her­vat in die­sel­fde hof­saal waar oud­pre­s. Nel­son Man­de­la meer as veer­tig jaar ge­lede tot le­wens­lange tronk­straf ge­von­nis is.
Dr. Elsabe Steen­kamp, ’n siel­kun­dige, het die af­ge­lope week ge­tuig Ko­bus (Pre­to­rius) se hou­ding jeens swart­mense het begin ver­ander nadat hy hom van sy fa­mi­lie en die Boe­re­mag ont­trek het. Hy het nou selfs ’n goeie ver­trou­ens­ver­hou­ding met som­mige amp­te­nare van die ge­vange­nis­diens.
Hoewel dr. Pre­to­rius sy rol ontken in sy seun se keuses toe hy by die ter­reur­da­de be­trok­ke ge­raak het, het hy tog die grond­slag ge­lê vir Kobus se keuses,” het Steen­kamp gesê. “Hy het die saad­jies sedert sy seun se ge­boor­te ge­plant totdat dit later deel ge­word het van sy waarde­stel­sel en dit waar­in hy ge­glo het.”
Vol­gens Steen­kamp het Kobus nie swart­mense ge­haat nie, maar het hy wel meer­der­waar­dig teen­oor hulle ge­voel.
Steenkamp het nie met Pis­to­rius saam­ge­stem toe hy aan­ge­voer het dat Ko­bus “dalk kan kwa­lifi­seer as ’n psi­go­paat” nie.
Sy het ver­dui­de­lik dat sy psi­go­tie­se ka­rak­ter­eien­skap­pe te wyte is aan die kon­flik met sy fa­milie en die ander
Boe­re­mag­lede, asook die tien jaar wat hy reeds aan­ge­hou word.
Dr. Preto­rius het ’n lang ver­kla­ring
uit­ge­reik waar­in hy voor­beelde ge­gee het van hoe hy en sy vrou altyd vir Kobus
on­der­steun het.
Hoewel hulle ewe lief vir al drie seuns was, was Kobus emo­sio­neel en self­sug­tig en het ge­dink hy word af­ge­skeep as hy nie al die aan­dag ge­kry het nie, lui­dens die ver­kla­ring.
Die saak het teen druk­tyd
voort­ge­duur.
— LiN Nuus/Die Pos

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube