-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Vrydag 8 Februarie het Hoërskole, Ellisras, Piet Pogieter, Merensky en Nylstroom aan ‘n middag en aand byeenkoms in Modimolle deelgeneem. Johanè Pistorius van Ellisras was weereens die top atleet van die dag met die hoogste ASA telling van 950 vir diskus dogters o/15 37.80m.
Sy wen ook gewigstoot 12.03m 898 ASA en spiesgooi 33.03m 787 ASA punte. Haar totaal vir drie beste items is 2635. Charissa Bench van Merensky dogters o/19 se telling is 2318 met haar spiesgooi 35.56, gewigstoot 9.37m en diskus 33.12m.
Johanè is o/15 en gooi reeds die diskus (oor die 2 meter) en gewig (oor die drie meter) verder as die wenner van die o/19 meisies. Johanè presteer ook beter as Nylstroom se Tischa Scheepers dogters o/17 in gewigstoot en diskus. Tischa gooi die diskus 26.63m en gewig 11.53m.
Piet Pot se Soretha Kruger is egter heelwat nader aan Johannè se prestasies. Hierdie o/16 dogter gooi die diskus 33.13m ver.
Christiaan Kruger van Ellisras behaal drie eerste plekke: seuns o/17 110m hekkies 14.90 sek, 100m 11.30 en 200m 23.50m Hy behaal ook ‘n tweede plek in 400m hekkies 56.70 en ‘n totaal van 2994 ASA punte.
Merensky se seuns o/16 atleet Philemon Mabidilala presteer ook uitstekend maar is nie in hierdie interhoër streek nie. Hy hardloop 400m hekkies in 56.80 en 110 hekkies in 15.10. Christiaan is steeds vinniger.
Marné Wolstenholme van Ellisras dogters o/19 hardloop drie eerste plekke los in 400m 63.10, 200m 27.70 en 100m 13.30.
Ellisras se o/17 seuns aflosspan is steeds onoorwinne so ver. Hulle wen met ‘n tyd van 46.10 sekondes.
EHS behaal 28 eerste, 24 tweede, 33 derde en 18 vierde plekke.Wat die seuns aanbetref is Nylstroom eerste, Ellisras tweede, Merensky derde en Piet Potgieter laaste. Nylstroom wen die dag met 778 punte en Piet Potgieter in die laaste plek met 543 punte.
0 Comments