<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Toe help Vetus Schola

 
News : 13 Feb 2013 123 Viewed By NoordNuus reporter 0

Ons sukkel nou al die afgelope twee weke by ons huis in Springbokstraat in die oggendure met boosdoeners in ons erf.
Verlede Dinsdagoggend was hulle in ons erf. Hulle was net te vinnig dat ons hul sterte kon vastrap, ons kon net genoeg sien om te weet dit is twee van hulle.
Woensdagaand weer dieselfde storie, maar hierdie keer het my man hul albei agterna, maar hul was net te vinnig en het verdwyn in die donker soos ‘n speld. Ek het die polisie seker 10 keer geskakel op 10111 en die direkte lyn en geen antwoord gekry nie.
Donderdagoggend was hulle weer daar en ek het dadelik weer die polisie probeer, maar steeds was daar geen antwoord nie.
Ek het ‘n wilde kans gevat en Vetus Schola geskakel en sonder om te wik of weeg het hulle my adres geneem. Ek oordryf nie, maar dit was nie twee minute nie toe slaan ‘n hele span manne met menigde voertuie uit en hulle was gereed om – sonder om vrae te vra – te help waar hulle kan.
Self toe ons om 05:00 oppad is werk toe het ons hul steeds gekry in die omgewing besig om te patroleer. Ek sal voortaan verseker nie twee keer dink om vir Vetus Schola te skakel in nood nie! Ek wil uit my hart uit sê: Dankie Vetus Schola! Julle is wragtig puik!
- Debbie Vermaak

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube