<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Help ons, asseblief...

 
News : 13 Feb 2013 153 Viewed By NoordNuus reporter 0

Op 7 April verlede jaar het David sy balans op die trappies by ons huis se agterdeur verloor en geval. Min het ons geweet hoe daai val ons lewens sou verander. Sy heup het ‘n groot kneusplek gehad en sy been was effe seer.
Oor die volgende paar dae het die been egter al hoe seerder geword tot ons later daardie week na Voortrekker hospitaal toe is waar ons eers terug huis toe gestuur is en toe sy been twee dae later blou word, na die Mokopane hospitaal in Mahwelereng gestuur is sodat ‘n spesialis na die been kon kyk. Daar aangekom het die dokter aan diens ons net een kyk gegee en gesê Dave moet onmiddelik geopereer word. ‘n Ambulans is ontbied om hom na die staatshospitaal in Polokwane te vervoer waar die vaskulêre chirurg op hom geopereer het. Die bloedklont en die skade wat dit aangerig het moes verwyder word. Die operasie was ‘n sukses, maar die versorging in die hospitaal was so swak dat hy ‘n bloedoortapping moes kry nadat sy wond een aand aan die bloei gegaan het en die susters en verpleegsters dit eers die volgende oggend agtergekom het.
Dave, ‘n gekwalifiseerde en ervare ketelmaker (boilermaker) was vir maande uit aksie en kon nie werk nie. Hy is nou weer op die been, maar sy ou werkgewer het nie meer werk vir hom nie. Ons spaargeld is op, ons lewe van aalmoese en in Mokopane is daar nie werk nie. Ons het nou met behulp van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie ‘n woonstel in Lephalale gekry, waar ons glo Dave makliker sal werk kry, maar ons het nodig dat iemand die huur van die woonstel vir drie maande borg tot ons finansiëel op ons voete is. Enigiemand wat kan help kan met die maatskaplike werkster, Petro by die SAVF kantore, praat by 014 763 2990. 
- Dave en Elsa Early

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube