<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Dít wou TLU by Zuma hoor

 
News : 15 Feb 2013 103 Viewed By NoordNuus reporter 0

Die TLU SA het hierdie week ‘n persverklaring uitgereik waarin die party die staaspresident meedeel wat hulle graag in sy presidentsrede sou wou hoor.
Louis Meintjes, TLU SA se President, het die vertroue uitgespreek dat Zuma hom nie gaan laat bind deur kleinlike partypolitieke standpunte nie, en dat hy nie gaan toelaat dat volgende jaar se algemene verkiesing nou reeds gaan neerslag vind in propagandistiese uitsprake tydens sy Staatsrede nie.
“Wat die land nou nodig het is stabiliteit. Veral landbou moet gestabiliseer word nadat die Regering die fout gemaak het om die minimumlone met meer as 50% op te skuif.
“Ter wille van voedselsekerheid, en ter wille daarvan dat uiters noodsaaklike buitelandse valuta nie verlore gaan nie, mag ’n herhaling van die gebeure by De Doorns nooit weer plaasvind nie.
“Die oplossing wat TLU SA daarvoor aan die hand doen, is dat landbou ook tot noodsaaklike diens verklaar word, wat sal beteken dat landbou-werkers ook in die vervolg nie meer sal mag deelneem aan stakings nie. Ons sou graag wil sien dat die President hierdie aankondiging in sy Staatsrede sou doen,” het Meintjes gesê.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube