<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Myne dryf grondpryse deur die dak

 
News : 15 Feb 2013 153 Viewed By NoordNuus reporter 0

Agri Lephalale is bekommerd dat die astronomiese bedrae wat myne in die omgewing vir plase betaal die waarde van landbougrond uit verband uit gaan ruk. Boere is veral bekommerd oor die belastingimplikasies wat dit vir hulle mag inhou.
By ‘n onlangse  Agri-Lephalale raadsvergadering is genoem dat sommige plase deur myngroepe opgekoop is vir tot R27 000 per hektaar.
Agri-Lephalale voorsiter Francois van den Berg, wys daarop dat eiendom volgens wet elke vier jaar vir belastingsdoeleindes geherwardeer moet word. Van den Berg het by die vergadering gesê dat die herwaardering verlede jaar uitgestel na 2013 en dit wil nou voorkom of die vorige waardeerder nie weer aangestel is om hierdie jaar se waardasie te doen nie.
Volgens hom bestaan die gevaar dat ‘n waardeerder vorige verkope kan gebruik as riglyn om grond te waardeer. Dit sal beteken dat eiendom wat geleë is rondom plase wat deur myngroepe gekoop is, te hoog waardeer sal word. Dit sal dan bydra dat boere onnodig baie belasting betaal.
“Sodra waardasiessyfers beskikbaar gestel word, moet boere gaan sekermaak dat die beskrywing van hulle plase korrek is en of hulle met die waardasie saamstem. Word jou eiendom egter te laag waardeer betaal jy nou wel minder belasting, maar sou daar ‘n grondeis teen jou plaas wees sal die regering die waardasie as riglyn gebruik,” verduidelik hy.
Grondeienaars het die reg om teen ‘n waardasie te appeleer deur ‘n vertoë aan die waardeerder te rig.  Dit is volgens Agri-Lephalale nog nie duidelik wie as waardeerder aangestel is of wanneer die proses sal begin nie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube