<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

‘Grondminister praat snert’ – TLU SA

 
News : 04 Mar 2013 116 Viewed By NoordNuus reporter 0

Die jaar 2013 sal in die geskiedenis afgaan as die jaar van die groot leuen oor die geskiedenis van grondbesit in Suid-Afrika het Louis Meintjes, president van TLU SA, gesê na aanleiding van grondminister, Gugili Nkwinti, se onlangse bekendmaking van die syfers van grondbesit deur die staat.
Volgens die syfers wat nagevors is deur ‘n groep onafhanklike demograwe vir die Ontwikkelingsbank wat reeds in 2001 voltooi is het dit toe reeds uitgewys dat die staat 25% van die grond besit. Nkwinti beweer nou dat die staat 22% besit.
“Nkwinti stel ook nou persone aan om die geskiedenis wat vir meer as 360 jaar per vertelling oorgedra is op te teken.
"Daarteenoor beskik die wêreld oor ‘n in-tyd-opgetekende geskiedenis wat die toets van geloofwaardigheid deurstaan het. Hierdie oorvertelde geskiedenis sal herskryf en oorskryf word tot dit die ANC pas,” het Meintjes gesê.
“Met die 100 jarige herdenking van die Wet op Naturelle Grondbesit van 1913 vanjaar gaan die ANC ‘n emosionele opwelling met ‘n klomp verdraaiings en leuens veroorsaak wat in niemand se beste belang is nie,” warsku Meintjies.
Hy sê dit sal in Suid-Afrika se beste belang wees indien die eerlike waarheid oor die geskiedenis van grondbesit uitgeklaar word.
“Dit sal gedoen kan word indien daar deur navorsing wat opgeteken was in, onder andere, die Hansards en in argiewe soos wat prof. Louis Changuion in sy boek, Omstrede Land dit gedoen het, gebruik gemaak word en nie ‘n mite te skep oor wat mens graag sou wou gehad het nie.
"Die omvangryke werk van prof. Changuion spreek juis die geskiedenis van grond aan vasgelê uit brondokumente wat dit ‘n redelik betroubare bron moet maak,” sê Meintjies.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube