<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Boere bekommerd oor verhogings

 
News : 07 Mar 2013 121 Viewed By NoordNuus reporter 0

Die nuus dat die prys van diesel die week met 56c/l en dié van petrol met 81c/l verhoog is, kom vir die landbougemeenskap op ’n baie slegte tyd, meen TLU SA President, Louis Meintjies.
Meintjies is bekommerd dat die verhoogde minimumlone in die landbousektor, Nersa se aankondiging dat elektrisiteitstariewe met 8% verhoog gaan word, tolgelde wat ook hierdie week verhoog is en die verdere 23c/l brandstofheffings wat volgende maand in werking tree, boere in SA gaan sink. “Waar georganiseerde landbou pleit vir ’n aanpassing van die dieselrabat, sodat boere in belang van voedselsekerheid winsgewend kan bly boer, word sodanige billike versoeke bloot geïgnoreer,” sê Meintjes. “Die regering moet kennis neem dat as hy nie die boere tegemoet gaan kom met hierdie hele pakkie van bykomende verhogings en belastings nie, dit rampspoedige gevolge vir die land se voedselsekuriteit en die landbou-ekonomie gaan inhou,” waarsku hy.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube