<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Oud-polisielede beveilig plase

 
News : 07 Mar 2013 479 Viewed By NoordNuus reporter 0

‘n Voormalige polisiebevelvoerder van Bultfontein, wat meer as 20 jaar ervaring in die polisiemag het, het verlede Donderdag by die Lephalale landelike veiligheidsvergadering sy veiligheidsplan vir boere in die Lephalale omgewing voorgelê.
Neels Kramer het in 2005 HP Sekuriteitsstelsels gestig en het tans 165 oud-polisielede in sy diens. HP Sekuriteit fokus op ‘n area waar ‘n minimum van 50 boere deel word van ‘n veiligheidsnetwerk. Die maatskapy besoek dan elke plaas twee maal per week en boere is deur middel van ‘n noodknoppie wat aan ‘n selfoon gekoppel is in verbinding met die reaksiespan. Statistiek wys dat gebiede waar HP Sekuriteit bedrywig is, misdaad met tussen 80% en 85% afgeneem het.
Verskeie boere in die Lephalale-omgewing het by die vergadering aangedui dat hulle van HP Sekuriteit se dienste gebruik sal maak en Kramer besoek volgende week boere in die Afguns gebied wat by sy sekuriteitsnetwerk betrokke wil raak.
Voorsitter van landelike veiligheid, Gawie van Zyl, meen dat die komitee boere sou aanraai om van die dienste gebruik te maak, sou hulle dit bekostigbaar genoeg vind .
“Ons is besig om te onderhandel vir ‘n meer bekostigbare opsie deur ‘n pakket saam te stel wat die dienste van HP Sekuriteit, Molalatua Sekuriteit en Helivac insluit.
Boere kan gerus die Agri Lephalale kantoor by 014 763 1888 skakel vir meer inligting. Na wat verneem word sal dit ‘n boer sowat R9500 ‘n jaar kos om van HP Sekuriteit se dienste gebruik te maak.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube