-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Vroue besef nie watse mag hulle het nie. Hulle is die murg in hul gesin se lewe en die briek wat perspektief bring, het dr. Carel Botha, sielkundige van Ellisras gesê tydens die jaarkonferensie van die Vroue Landbou-unie se Soetdoringstreek.
Hy het die vroue van die Soetdoringstreek se nege takke Saterdag in die Pierneefsaal van Hoërskool Piet Potgieter toegespreek. Die streek se tema vir vanjaar is Inspireer en Verryk.
Dr. Botha het daarop gewys dat vroue hul vroulikheid moet behou want dit is hul waarborg tot sukses. “Jy kan net ander inspireer en verryk as jy dit vir jouself doen. Ek sê altyd vir my kliënte ‘n mens sien eers jou gat dan jou pad.Verryk jouself deur jouself te motiveer en jou belangstellings uit te brei. Geluk is ‘n keuse. Om gelukkig te wees verg dissipline. Gryp elke dag aan.”
Vroue moet leer om ook nie hul liggame af te skeep nie. “Jy hoef nie in die gim te oefen nie. Gaan stap of draf. Jy moet uit niks jouself kan verryk. Lees en stel belang. Kry vir jou stokperdjies en sê vir jouself daar is niemand soos jy nie,” het dr. Botha gesê.
0 Comments