-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Swartwater Tassiefees het verlede Saterdag behoorlik partytjie gehou om sy vyfde verjaarsdag te vier. Die fees word jaarliks deur Laerskool Unitas aangebied.
Die feesterrein was van vroeg af ‘n feestelike bedrywigheid met verskeie uitstallers wat iets vir elkeen se smaak gebied het. Die speelpark het gesorg vir ure se vermaak vir die kinders, met verskeie springkastele en waterballe.
Bekende kunstenaars het heeldag besoekers vermaak. Zandré, Charné Grabie, Manie Jackson, Ricus Nel, Quentin Prinsloo, Arno Jordaan en NRG was was op die verhoog. Fatman Brummer was die seremoniemeester en het deurentyd gesorg vir vermaak.
Meisies het vroeg-vroeg al begin met grimering en hare vir die Mej. Tassie kompetisie wat hierdie jaar aangebied is.
Laerskool Unitas bedank al hulle borge, organiseerders, uitstallers, ouers en leerders wat die dag ‘n sukses gemaak het.
Regs onder: Mej Tassie 5–7 jaar se wenners is van links: Lara van Stade, Leanè Botha, Corel-Bee van der Wath.
Regs, middel: Mej Tassie 8–10 jaar se wenners is van links: Chanè Botha, Zanè Roux, Monique O’Neill.
Regs heel bo: Mej Tassie 11 -13 jaar se wenners is van links: Amanda Grobler, Mari Geerkens, Eljani du Plessis.
0 Comments