<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kry jou Telebuddy gids nou

 
News : 15 Mar 2013 216 Viewed By NoordNuus reporter 0

Die 1ste uitgawe van die Telebuddy Info Gids 2013 is die afgelope maand in Mokopane en Mookgophong versprei.
Al die nuutste opgedateerde telefoon nommers, selfoon en faks nommers  van die inwoners en besighede met padkaarte van die twee dorpe is netjies vervat in die gebruikers vriendelike gids wat sommer reg langs u telefoon of in u motor kan lê.
Die CVO skool Potgietersrus asook die Laerskool Eugene Marais neem vanjaar  jaar aan die projek deel. Die skool ontvang  gratis gidse wat hulle verkoop vir R15 en die volle bedrag gaan dan ten bate van die skool se skoolfonds. Met die aksie ploeg die bestuur van Telebuddy Info Gids fondse terug in die gemeenskap.
Die gids sal beskikbaar wees by uitgesoekte afsetpunte in Mokopane (Creadores, Office Made Easy, CVO Skool Potgietersrus  & Supermarket) en Mookgophong ( Laerskool Eugene Marais, Aqua- Detergents, Kololo Taxidermie en nog vele verspreidings punte).
Enige skool wat aan die 2014 projek wil deelneem kan hul direk skakel.
Telebuddy Info Gids verskaf ook gidse in Modimolle, Bela Bela & Vaalwater.  Vir inligting kontak  Sonja van Zyl   082 4546 250 


Regs:
Telebuddy se Sonia van Zyl saam met Lida Genis van die
Potgietersrus CVO skool.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube