<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Saak teen beweerde renoster-stropers laat vaar

 
News : 15 Mar 2013 153 Viewed By NoordNuus reporter 0

LEPHALALE – Die saak teen nege buitelanders wat daarvan verdink is dat hulle Sondagoggend renosters op ‘n wildsplaas net buite Lephalale wou stroop, is teruggetrek.
Volgens A. O. Frans Mokoena, sou die verdagtes Dinsdag in die Lephalale hof op ‘n klag van onwettige jag van ‘n bewaarde spesie verskyn.
Die verdagtes is aangekeer toe hulle die veld binne die plaasgrense aan die brand gesteek het om, na wat vemoed word, die renosters vas te keer.
‘n Kamera wat gebruik is om fotos van die plaas, renosters en inwoners te neem, asook ‘n hoeksnyer, kragopwekker en twee voertuie met GP registrasies is volgens ‘n polisie persverklaring tydens die arrestasie gekonfiskeer.
Daar was ook vermoed dat die verdagtes moontlik verbind kon word met ‘n saak waarin ‘n renosterkalf twee maande gelede op ‘n nabygeleë plaas gestroop is. Dieselfde modus operandi is tydens die strooptog gevolg.
Volgens Mokoena is die saak teruggetrek weens ‘n gebrek aan bewyse dat hulle wel renosters wou stroop.
Teen Woensdag 13 Maart was die nege verdagtes egter steeds in polisie  aanhouding omdat hulle onwettig in die land is.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube