<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Dwelmprojek vir skole geloods

 
News : 15 Mar 2013 350 Viewed 0

‘n Dwelm-bewustheidsveldtog gaan binnekort geloods word om dwelmgebruikers in skole vas te vat en die leerders ook op die gevare daarvan te wys.
Die dwelmprojek is vandeesweek tydens die Mokopane Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se vergadering bespreek.
Die projek van die GPF gaan deur die Mokopane Sakekamer gefinansier word totdat dit op die been is.
‘n Vergadering word vir 19 Maart beplan waarin die rolspelers met die department van Onderwys en skoolhoofde die projek sal bespreek om die bal aan die rol te sit.
Andy Goetsch, voorsitter van die GPF en bestuurslid van die sakekamer, sê die eerste stap is om ‘n kenner op die gebied van dwelms wat met kinders werk nader te trek. Skole waar dwelmgebruik toeneem sal eerste betrek word.
Die leerders sal onder meer video’s kan kyk en ook  ingelig word oor die verskillende tipe dwelms en die gevare daarvan.
Volgens Goetsch het dwelmgebruik in skole in die dorp en omgewing toegeneem. Hy het daarop gewys dat dit bydra tot misdaad en prostitusie.
Dit is gewoonlik buitelanders van Nigerië of China wat mense kry om die dwelms te verkoop.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube