-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Klagtes dat die Lephalale polisie nie hulle telefone antwoord nie, het daartoe gelei dat die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) onder leiding van Thys Eloff die afgelope paar weke nadere ondersoek gaan instel het.
Eloff het by verlede Donderdag se GPF vergadering terug gerapporteer dat daar tans net twee werkende fone in die aanklagkantoor is wat 20 inkomende lyne behartig.
Daar is ook gevind dat die 10111 noodnommer net vanaf ‘n landlyn geskakel kan word.
Die beperkte spasie in die aanklagkantoor lei ook daartoe dat die polisie nie kan hoor wat die klaer oor die telefoon sê nie. Voorstelle dat die fone verskuif word en die aanklagkantoor vergroot word, word tans oorweeg.
Ellof het ‘n beroep op plaaslike besighede gedoen om betrokke te raak by die opgradering van die polisiestasie.
Die groot getal inbrake die afgelope paar maande het ook in die polisie se verslag aan die GPF weer ter sprake gekom. Platskermtelevisies, skootrekenaars en selfone is van die gewildste items wat gesteel word tydens inbrake.
Die polisie is ook bekommerd oor voorvalle waar inwoners hulle eie besittings as gesteel aanmeld om versekering te kan eis.
Die volgende GPF vergadering word op 18 April gehou.
0 Comments