-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Met inbrake wat steeds hooggety vier en aan die vooraand van die Paasgety is dit noodsaaklik dat die gemeenskap weet hoe om hulself te beskerm, sê Theo Louw van die Valke Buurtwag in Mokopane.
Die Valke Buurtwag verskaf in samewer-king met Fortis Pro-Active Defence Solutions CC dié waardevolle wenke aan die gemeen-skap:
Wees bedag op potensiële en suspisieuse beweging in u woonbuurt – mense en voertuie.
Maak seker dat jy niks verdags of buitengewoon opmerk wanneer jy jou erf binnegaan of jou voordeur oopsluit.
Trek eers die gordyne/blindings toe
alvorens jy enige ligte aanskakel. Kriminele hou wonings dop en kan lekker “window shopping” doen.
Hou altyd die veiligheidsdeure gesluit.
Sorg dat die alarm en elektriese
omheining werk en aangeskakel is.
Hou altyd die motorhuisdeure toe en
gesluit.
Moet nooit waardevolle artikels soos
juweliersware, selfone, beursies en skoot-
rekenaars oop en bloot laat rondlê nie.
Maak seker dat alle deure stewige en werkbare slotte het – maak ook seker dat die diefwering in ‘n goeie toestand is.
Wanneer jy wel vertrek, maak seker dat alle deur en vensters van jou motor toe is om jou teen kapers te beskerm.
Lig jou kinders in hoe om hulself te bevei-lig en waaarom dit belangrik is om alle deure gesluit te hou en gordyne toe te trek.
Wees oplettend as jy bestuur.
Wissel roetes na jou huis om te keer dat jy ‘n maklike teiken van ‘n kaping kan word.
As jy weggaan sorg dat jou bure jou huis besoek om byvoorbeeld die ligte aan te sit en weet waar om jou te kontak ingeval van nood.
Die Valke Buurtwag kan by die noodfoon: 082 949 5610 geskakel word of besoek
www.fortisgroup.co.za.
0 Comments