<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Só vier ons inwoners Paasfees...

 
Mike Jooste: dit is ouers se taak om te sorg dat hul kinders ‘n verhouding met die Here het. Die fondament moet by die huis gelê word. Die Paasfeesvieringe gee ons geleentheid om te deel in die heerlikheid van die kruisiging en die opstanding. Die Here het immers vir ons aan die kruis gesterf.
News : 28 Mar 2013 1480 Viewed By NoordNuus reporter 0

Hoewel die winkels vol sjokolade hase en paaseiers is en baie mense Paasnaweek vining wegbreek see of bosveld toe, is die inwoners van Mokopane en Lephalale dit eens dat die doel van Paasfees nie misgekyk moet word nie.
Dr. Chris Harris van die Hulp en Hoop Gemeenskapskerk op Mokopane herinner die inwoners aan die Paasfees-sonopkomsdiens wat vanjaar weer op Moorddrift langs die Nylrivier gehou word. Die diens begin Son-
dagoggend om 6:00 en almal is welkom. Onthou om ‘n kombers, koffie, beskuit en kampeerstoele saam te vat.
Die Volle Evangelie Kerk in Mokopane bied ‘n Passiespele in die skoolsaal van Ho?rskool Piet Potgieter aan. Jaco Koekemoer, organiseerder van die drie opvoerings, sê die eerste word Vrydagoggend om 09:00 gehou. Die Laaste Avondmaal tot met die
kruisiging van Jesus sal uitgebeeld word.
Saterdagaand se opvoering begin 18:00 en gaan oor ‘n nuusleser wat berig oor die wonderwerke van die Here, die kruisiging, asook waarom Paasfees belangrik is.
Sondagoggend se vertoning begin 09:00 en gaan die opstanding uitbeeld. Daarna word nagmaal bedien. Die op-voerings is gratis en almal is welkom.
Die Passiespele het jare gelede in die dorpie Oberhammergau in Duits-land ontstaan. Dit is ‘n belofte wat die inwo-ners van die dorp aan God bring uit dankbaarheid dat hy hul gebede verhoor en nie die plek in die groot pes van 1633 uitgewis het nie.
Met die passiespele word die lyding en sterwe van Christus uitgebeeld. Die eerste Passiespel is in 1634 opgevoer. Sedertdien stroom duisende mense van oor die hele wêreld elke jaar na Oberhammergau om die geestelike ervaring te beleef.
Vir nadere inligting oor die naweek se opvoerings kan die kerkkantoor by
015 491 3341 geskakel word of bel Jaco by 078 523 2834.

 

 

 
 

Ruan Landman van Landmark: Dit is belangrik om Paasfees om die regte rede te vier. Die Here het vir ons gesterf. Hy is ons redder en sonder hom is daar nie ‘n ander uitweg nie.
Jongmense moet weet dat die Here vir ons almal gesterf het, sê Robert Vorster (19). Sy werknemer, Koos Willemse (regs), meen as jy opreg glo sal die Here jou se?n. Dis vir hom belangrik dat Paasfees elke jaar gevier word omdat dit deel is van ons Christenskap.
Bess Pieterse: The only true reality is Jesus.
Julie Reed: Ek voel dat dit baie belangrik is dat kinders van kleins-af moet weet waarom ons Paasfees vier en waarom dit belangrik is.
Johannes Mokoma: Ek gaan die naweek na Moria om die Here te prys. Dit is belangrik om die Paasnaweek saam met ander kerkgangers te vier.
Connie van Staden: Paasfees gaan vir my oor dit wat Jesus vir ons gedoen het. Ons moet Sy groot geskenk vat en ons eie maak. Dit is vir my ‘n tyd van rus om my verhouding met God te oordink.
Lebogang Mataboge: Easter is very important to me and I celebrate Easter with members of my church. It is just as important as the celebration of Jesus’ birth at Christmas.
Lesego Nkoana: Easter is a time to celebrate new life and young people should know what the meaning of Easter is. It is not just another holiday; it is a time to gather with church members to think about Jesus’ sacrifice for us.
Rina de Lange: Paastyd is vir my die kersie op die koek van Christenskap. Dat Jesus aarde toe gekom het en vir ons gesterf het, is wonderlik, maar die feit dat hy opge-staan het, is waaroor dit eintlik gaan. Ek het al baie wonderwerke in my lewe gesien, daarom kan ek glo in die opstandingskrag van Jesus.
Astrid Basson: Ek kom uit ‘n huis waar Duitse tradisies nagevolg is en vir ons was Paasfees baie belangrik. Dit is ‘n tyd om Christus se lydingstyd te oordink en te weet dat Sy Vader hom so moes sien ly aan die kruis. Sondagoggend staan ons met sonsopkoms op en vier dan die opstanding en die nuwe lewe. As kind het ons paaseiers gesoek wat as simbool dien van die nuwe lewe wat ons in Christus het.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube