<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Is Groen motors net vir Hollywood beskore?

 
Sir Paul McCartney se grasgroen Lexus LS600h.
News : 05 Apr 2013 124 Viewed By NoordNuus reporter 0

Deur Quinton Lourens
Die groen gogga het almal gebyt en dit sal lekker wees as ‘n mens kan rondrits in ‘n bekostigbare eko-vriendelike motor wat nie die lug so erg besoedel met uitlaatgasse nie.
Maar of die gewone man op straat genoeg groen note in sy beursie het om só ‘n perd op te saal is ‘n ope vraag.
‘n Hibrid is nou daardie motor wat tot op ‘n sekere spoed net elektristeit gebruik danksy ‘n herlaaibare battery voordat die petrol inskop. ‘n Elektriese motor gebruik weer die heeltyd elektrisiteit.
Motors soos die Honda
Insight (1,3 CVT: R278 200), Jazz (1,3 CVT: R257 300) en CR-Z (1,5 handrat: R310 800) asook verskeie Toyota modelle soos die Prius (1,8 Exclusive CVT: R388 900), Auris HSD (1,6 XS CVT: R297 900 ; 1,6 XR CVT: R323 100) en Yaris HSD (1,5 XS CVT: R230 600 ; 1,5 XR CVT: R253 400) is alreeds beskikbaar in die land, en het hybrid tegnologie.
Karre soos die Nissan Leaf en Renault Zoe is elektries aangedrewe en is nog nie by ons beskikbaar nie.
Ek het nog nie baie eko-vriendelike motors op ons paaie gesien nie. Vir my lyk dit asof dit net vir diegene doer ver in Hollywood beskore is om in groen motors rond te jaag. Leonardo De Caprio, Julia Roberts, Bradley Cooper en Cameron Diaz is elk die trotse eienaar van ‘n Toyota Prius en hul kondig luidskeels aan dis om die planeet te red.
Die Prius het in 1997 sy verskyning gemaak. Sedertdien het dit heelwat veranderinge ondergaan en is een van die gewildste eko-vriendelike motors onder die Hollywood-sterre.
Diegene wat gedink het eko- vriendelike motors is almal vyfdeur familie luikrug motors, maak ‘n fout. George Clooney, Matt Damon en Jay Leno verkies die sportiewe Tesla Roadster, ‘n parmantige buksie met net twee sitplekke.
Maar dit is die immergroen Sir Paul McCartney wat die bo-toon aanvoer wanneer sy chauffeur hom in ‘n Lexus LS600h rondry. Die Lexus het ‘n 5liter V8 engin en twee elektriese motors.
Om groen te wees is deesdae ‘n statussimbool. Of jy nou ‘n eko-vriendelike motor kan bekostig of nie, dit blyk dié motors is hier om te bly.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube