<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Solidariteit se plan vir meer onnies in die klas

 
News : 05 Apr 2013 153 Viewed 0

Solidariteit Helpende Hand beoog om met die Staan nie Terug nie-veldtog 120 onderwysassistente in Afrikaanse skole te plaas.
Die organisasie het Dinsdag in ‘n persverklaring gesê Suid-Afrika ondervind ? tekort aan gekwalifiseerde onderwysers. “Jaarliks moet sowat 15 000 nuwe onderwysers opgelei word om in die totale nasionale behoefte te voorsien. Verder is slegs 10% van die funksionele skole in die land verantwoordelik vir ? 96%-matriekslaagsyfer,” lui die verklaring.
Solidariteit sê met Helpende Hand se onderwysassistent-program word onderwysstudente in die klaskamer sy-aan-sy met ? gekwalifiseerde onderwyser opgelei. “Dit verlig die onderwyser se las en bied waardevolle indiensopleiding aan die student. Die belangrikste element is egter dat leerlinge nou en in die toekoms kan staatmaak op gehalte-onderwys.”
Helpende Hand stel die onderwysassistent-program volgende week met die première van die rolprent, Won’t Back Down, bekend. Die rolprent handel oor twee ma’s se stryd om die verval van hul kinders se skool te stuit en gehalte-onderwys te verseker.
Tydens die geleentheid sal Paul Colditz, die uitvoerende hoof van Fedsas (Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole) die gasspreker wees en hy gaan praat oor gehalte-onderwys in ons land se skole.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube