-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Sowat 2030 studente aan die Universiteit van Pretoria (UP) het oorweldigend ja gestem vir die afskaffing van rasseklassifikasie aan dié universiteit.
AfriForum Jeug het pas die uitslag van ‘n referendum oor rasseklassifikasie aan die UP bekendgemaak, deur ‘n banier vanuit die kliëntedienssentrum op die kampus te hang.
Die referendum het gehandel oor die vraag of rasseklassifikasie steeds gebruik moet word by die UP. Die uitslag toon dat 97% van studente nie volgens ras geklassifiseer wil word nie.
Die referendum was gegrond op die rasgebaseerde keuring van studente in sekere fakulteite, beurstoekennings en huiskomiteeverkiesings.
AfriForum Jeug sê in ‘n verklaring die organisasie het die afgelope drie jaar al meer klagtes ontvang van studente wat beurse, toegang tot die universiteit en leierskapsposisies ontsê is weens die kleur van hulle vel. “Dié referendum is ? sterk teken van studente se ontevredenheid oor die universiteit se onbillike en eensydige praktyke by beleidformulering,” het Barend Taute, voorsitter van AfriForum Jeug Tukkies, gesê.
AfriForum Jeug het ? memorandum aan die universiteit oorhandig met die volgende versoeke: dat toelating tot fakulteite, veral die Fakulteit Gesondheidswetenskappe en Veeartsenykunde slegs op grond van en in volgorde van meriete toegestaan word. Daar moet glad nie tydens die aansoekprosedure van voornemende studente vereis word om hulle ras aan te dui nie;
dat ras nie as bepalende faktor gebruik word vir die toekenning van beurse wat direk deur UP aan studente toegeken word nie; dat die kwotas vir huiskomitees in alle koshuise verminder word vanaf vyf na twee kwotalede per HK om koshuise geleidelik van rassevoorskrifte vry te stel.
Taute meen dié referendum, wat onder alle ras-groepe by die UP gevoer is, behoort as grondslag vir verdere beleidsvorming gebruik te word, asook vir die aanpassing van bestaande rasgebaseerde beleid.
Kampussekuriteit het tydens die onthulling van die banier daarop aangedring dat AfriForum Jeug dit onmiddellik moet verwyder. Die referendum vorm deel van
AfriForum Jeug Tukkies se veldtog om studente se stem te laat hoor oor kernbeleidskwessies wat deel vorm van die Universiteit van Pretoria se 2025-toekomsplan.
0 Comments