<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Gemeentelid draf ver om geld in te samel

 
News : 12 Apr 2013 114 Viewed By NoordNuus reporter 0

‘n Gemeentelid van die AGS Groeipunt gemeente gaan die naweek vanaf Modimolle na Mokopane hardloop om fondse vir die kerk in te samel.
Casio de Sousa spring Saterdagaand omstreeks 20:00 vanaf die Wimpy in Modimolle weg en behoort Sondagoggend teen 10:00 by die AGS Groeipunt Gemeente in Pretorius-straat te eindig. Hy gaan ‘n afstand van sowat 97km aflê.
Casio sê die wedloop is deel van sy voorbereiding vir die komende Comrades marathon.
Hy het verlede jaar ook die moordende wedloop tussen Pietermaritzburg en Durban gehardloop en hoop om vanjaar sy tyd te verbeter.
Die tema van Sondagoggend se erediens is dan ook Die Wedloop, sê past. Richard Vigus van die AGS kerk. Verskeie instellings en onderneming het al na vore gekom om Casio te borg. Past. Vigus doen ‘n beroep op gemeentelede en die inwoners van Mokopane om Casio te kom ondersteun.
“Casio is bereid om sy liggaam op die altaar te plaas en ‘n prys te betaal om sodoende die gemeente te help om geld te genereer.” Enigeen wat ‘n donasie wil gee of Casio wil borg kan George Knell by 083 312 3157, of Martin Mckenzie by 084 360 1037 bel.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube