-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) sal graag bande met die munisipaliteit van Mokgalakwena wil smee om te help om die die ekonomie van die dorp te ontwikkel. Só het Prof. Carolina Koornhof, president van die AHI, en Christo van der Rheede, uitvoerende hoof, gesê tydens hul besoek aan die burgmeester en munisipale bestuurder van Mokopane.
Prof Koornhof en Van der Rheede het die dorp verlede Donderdag besoek om te kyk of die munispaliteit en die AHI hande kan vat om Mokopane se ekonomie te stimuleer en te ontwikkel. Hulle het ook later die aand die lede van die Mokopane Sakekamer toegespreek oor die rol en doelwitte van die AHI.
Van der Rheede het gesê die AHI help dorpe om hul ekonomie te ontwikkel wat lei tot werkgeleentshede en ook help om jong mense in die dorp te hou. Die AHI het onder meer opleidingsprogramme vir laer- en ho?rskoolleerders, asook ‘n kursus wat bekend is as ‘n mini MBA vir diegene wat meer gevorderd is. “Entrepeneurskapopleiding is belangrik en jong swart skoolleiers moet opgelei word om hul eie ondernemings te begin. Geleerdheid is die hartklop.”
Die lede van die AHI is meestal professionele sakemense met hope ondervinding wat wil sien dat die land floreer. Swak ekonomiese groei, armoede en ongelykheid moet aan-gespreek word om seker te maak die land ‘sink’ nie.
Van der Rheede het na statistieke verwys en gesê die grootste deel van die land se be-volking verdien ‘n lae inkomste, teenoor net ‘n klein groepie wat in die hoë inkomstegroep val. “Te veel geld vloei uit dorpe uit en daarom is dit belangrik dat daar genetwerk word en saamgewerk word om die ekonomie te groei. Dis ook belangrik om kompeterend te bly teen lande soos Sjina en ook om ekonomiese volhoubaarheid te verseker vir ons kinders en hulle kinders.”
Prof. Koornhof het daarop gewys dat spoorlyne die lewensare vir kleiner dorpe kan word. Sy is ook beïndruk met Mokopane se pragtige groen landskap en sê toerismebevordering in die gebied is belangrik.
William Kekana, munisipale bestuurder het gesê die munisipaliteit hanteer tans verskeie probleme en dit bly ‘n uitdaging. “Een van die probleme waarmee gesukkel word, is waar politiek en administrasie saamkom. Ons spreek sekere probleme aan soos die gate in die paaie, maar is nog nie heeltemal daar nie. Ons kan ook nie net myne in die omgewing oopmaak nie en moet dink aan besoedeling en die inwoners wat daaronder sal lei.”
Die burgemeester, Tlhalefi Mashamaite, het die AHI bedank vir hul besoek en al die insette om die dorp te verbeter. Hy het daarop gewys dat sekere bywette hersien moet word en gesê die dorp het baie potensiaal om te groei weens die mynbedryf. “Water is egter ‘n probleem, maar as die waterpyp eers in
werking is en ons water kan voorsien, behoort dit die probleem op te los en sal die mynmaat-skappye kan inkom. Die dorp se ontwikkeling moet versterk word en die munisipaliteit se deure is oop.”
0 Comments