<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Drie verdagtes nog op vrye voet

 
News : 12 Apr 2013 139 Viewed By NoordNuus reporter 0

Die Lephalale polisie is opsoek na drie verdagtes wat verlede Donderdagoggend net na 7:00 ‘n huiswerker op die plaas Rooipan in die Steenbokpanomgewing aangehou en na bewering met ‘n stomp aangerand het.

Volgens ‘n verslag van Molalatua Sekuriteit (MS) is ‘n noodoproep van ‘n huurder op die plaas ontvang .
Die huurder het gesê  drie mans, geklee in blou oorpakke en klapmusse, wil die huiswerker vermoor en het ook die woonhuis se sleutel van haar geeis. Die eienaars was ten tye van die voorval nie tuis nie.
Boere van die omgewing wat die noodroep op die noodkanaal gehoor het, was vinning op die toneel en sowat 40 boere het die drie verdagtes se spoor tot na 17:00 Donderdagmiddag gevolg.
Adjudant Offisier Hans Koekemoer wat saam met die boere spoorgesny het, sê geen vingerafdrukke is op die perseel gekry nie.
Hoewel inligting ingewin is van plaaswerkers op ‘n buurplaas oor die identiteit van een van die verdagtes, is niemand nog in hegtenis geneem nie.
Die Boere is ook ongelukkig oor polisielede wat in hulle voertuig gesit en slaap het terwyl hulle en A.O. Koekemoer die spoor gevolg het.
Die stasie bevelvoerder Kolonel
Mosima en Lephalale polisie woordvoer-der A.O. Frans Mokoena was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
Daar word ‘n beroep gedoen op boere in die Steenbokpanomgewing om aan te sluit by die noodkanaalnetwerk.
“Ons is op ons self aangewese en boere moet by die noodnetwerk aansluit vir hulle eie veiligheid,” het een van die boere die week aan Noordelike Nuus gesê.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube