-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Maak jou sitplekgordel eerder vas voordat jy wegtrek. Dit is die boodskap van nooddienspersoneel nadat drie motors verlede Vrydag op Nelson Mandela-rylaan in Lephalale in ‘n ongeluk
betrokke was.
Volgens ‘n verslag van Molalatau Sekuriteit was een van die bestuurders besig om sygordel aan te sit toe hy vir ‘n oomblik afkyk en in die voertuig voor hom vasjaag. Drie voer-tuie is in die ongeluk beskadig , maar niemand is in die voorval ernstig beseer nie.
Minister van vervoer Ben Martins het met die bekendmaking van die Paasnaweek se sterftesyfer sy kommer uitgespreek oor die neiging dat motoriste gordels onbelangrik ag. Beeld berig dat die minister gesê het hy is bekommerd oor Suid-Afrikaners se houding teenoor die dra van sitplekgordels. Volgens statisitiek dra net 2% van passasiers op agtersitplekke sitplekgordels, terwyl sowat 60% voor hul gordels dra. Die minister het Suid-Afrikaanse motoriste gemaan om ten alle tye sitplekgordels te dra en seker te maak dat kinders ook vasgegordel word.
0 Comments