-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Transvaalse Landbou Unie SA Noord (TLU) hou op 3 Mei ‘n grondkonferensie by die Polokwane Skougronde. Die konferensie begin 09:00 en die doel is om aan die publiek, aan die hand van historiese feite, te wys op watter wyses landbougrond in SA bekom is.
Daar sal ook gekyk word na die moontlike ekonomiese gevolge sou die regering voortgaan met die implementering van die nuwe onteieningswet soos in die Groenskrif uiteengesit. Na verwagting sal die nuwe wet, met die politieke beloftes wat dit inhou, baie sterk in die media na vore kom vanaf die 16de Junie 2013 wanneer die herdenking van die 1913 Native Land Act in aanvang neem.
Die voorlopige program is soos volg:
09:00 Registrasie (Gratis).
10:00 Opening: Ds. Danie Booyens.
10:15 Verwelkoming: Mnr. Stephen Hoffman, Voorsitter, TLU SA Noord.
10:20 Prof. Louis Changuion: Historiese besettingspatrone, asook ander wyses waarop grond in Suid-Afrika bekom is.
11:05 Vrae uit gehoor.
11:20 Mnr. Charles Taffs, President CFU kom sy insigte deel oor sy persoonlike ervarings t.o.v. grondhervorming onder die Mugabe bewind en die lesse wat die CFU daaruit geleer het.
12:05 Vrae uit gehoor.
12:20 Ligte verversings.
13:00 Mnr. Eugene du Preez, HUB van SIQ: Limpopo Landbou Sensus 2012:
Huidige landelike grondgebruik patrone in die provinsie en die impak
daarvan.
13:45 Vrae uit gehoor.
14:00 Mnr. Louis Meintjes, President, TLU SA: Wat hou die nuwe voorgestelde Groenskrif vir die boer in.
14:45 Vrae uitgehoor.
15:00 Afsluiting & Bedankings: Mnr. Stephen Hoffman, Voorsitter, TLU SA Noord.
Bevestig bywoning voor of op 29 April 2013. Vir nadere inligting kan Wilma Prinsloo by 015 293 9804 gebel word.
0 Comments