-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Sowat 39 sakemanne van die Europese Tafelronde 92 is tans in Mokopane vir die jaarlikse Euro-Afrika 92 vegadering wat vanjaar deur die Kameeldoring 92 Tafelronde van die dorp gehou word.
Die sakemanne, vergesel van hul vroue, is van lande so ver as Finland, Holland, Frankryk, België, Swede, Duitsland en Denemarke.
Die afgevaardigers het op 11 April by die Nylrivier Boskamp buite die dorp saamgekom om die lede van die Kameeldoring 92 Tafelronde te ontmoet nadat hulle vir ‘n week in die Kruger Wildtuin deurgebring het. Daar is lekker in die Bosveld gekuier voordat hulle na die verskeie huise van die lede van die Kameeldoring 92 tafelronde vertrek het. Hulle jaarlikse vergadering het Saterdag in Magoebaskloof plaasgevind.
Marcelo Dos Santos, voorsitter van die Kameeldoring 92 Tafelronde, sê hy is opgewonde oor die sakemanne se besoek en gaan vir hul die liefdadigheidsprojekte wys waarmee sy tafelronde besig is. Die Europese tafelrondes het verlede jaar sowat R70 000 geskenk om die Zamakhule skool vir gestremdes buite die dorp te bou. Die Tafelronde is ook betrokke by die Dienssentrum vir Bejaardes en die Thula-Thula babahuis vir hawelose kinders.
0 Comments