<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Dis donker in Mookgophong

 
News : 19 Apr 2013 139 Viewed By NoordNuus reporter 0

AfriForum is bekommerd oo die inwoners van Mookgopong se veiligheid nadat dit bekend geraak het dat die dorp 182 stukkende straatligte het.
Die burgerregte-organisasie AfriForum se plaaslike tak in Naboomspruit (Mookgophong) het 'n dringende skrywe aan die Mookgophong Munisipaliteit gerig aangaande 182 stukkende straatligte in die dorp.  AfriForum sê dit is ‘n bewese feit dat donker woongebiede misdaad soos huisbraak, roof en aanranding aanmoedig en die organisasie is bekommerd oor inwoners se veiligheid indien die ligte nie dringend herstel sou word nie. AfriForum het in sy brief die munisipaliteit daarop gewys dat hulle tans hulle grondwetlike plig teenoor die inwoners versuim en vir ? aksieplan gevra waarvolgens die saak aandag sal geniet.  Volgens Neels Vliet, sekretaris van die AfriForum Naboomspruit-tak, sal die aangeleentheid gemonitor word en gereelde patrollies sal stukkende straatligte opspoor en aanmeld.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube