<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Drie renosters gestroop

 
News : 19 Apr 2013 186 Viewed By NoordNuus reporter 0

Twee renosterkoeie en ‘n renosterbul is verlede Dinsdag deur stropers by Zinyathi lodge in die Steenbokpan omgewing gestroop. Bestuurder by Zinyathi, Hannes Le Grange, sê hy en sy span het onraad vermoed toe hy Dinsdagoggend agterkom een van die veldkameras is verwyder.
Le Grange en boere in die omgewing het die spoor tot laat Dinsdagmiddag gevolg, maar kon niks krynie. Woensdagoggend is die spoor weer gevat en dit is toe dat hulle ‘n drie maande oue kalfie alleen sien stap. Hulle het dadelik die kalfie gevolg wat hulle tot by die karkas van sy ma gelei het. Met nadere ondersoek is vasgestel dat die koei twee keer met ‘n 375 kaliber geweer geskiet is.
‘n Bul wat vroëer die jaar onthoring is om te verhoed dat hy gestroop word en nog ‘n koei is ook later die dag dood aangetref. Die tweede koei het ook ‘n kalfie gehad wat tot op hede nog nie opgespoor kon word nie.
Die polisie en boere van die omgewing se hulp is ontbied en die spoor het spoorsnyers tot by ‘n grondpad gelei waar die stropers vermoedelik met ‘n voertuig opgelaai is.
Al  leidraad is ‘n plastiekbottel wat moontlik aan een van die stropers behoort het. Die kalf is van die plaas verwyder en sterk tans aan by ‘n rehabilitasiesentrum vir renosters net buiteThabazimbi . Le Grange sê hy sal nooit weer met renosters boer nie en dat die verlies ‘n baie emosionele ervaring vir almal by Zinyathi was. Hy bedank die boere in die omgewing wat gehelp het om spoor te sny.

 

 

 
 

Die kalfie is gevolg tot by die karkas van sy ma, wat deur die stropers geskiet is.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube